ANNEMI VAN DER COLF

Default profile image
ANNEMI VAN DER COLF

Blog #3.5

5 Nov 2021, 10:35 Publicly Viewable
  • Verduidelik kortliks wat sistiese fibrose is en hoe dornase-alfa werk om die probleem op te los.

Dit is ‘n genetiese metaboliese seikte wat laer as normaal DNase I veroorsaak. Dit lei tot lae sekresies in die liggaam en dik & taai mukus in die lugweë. Dit skep die ideale groeiplek vir bakterieë wat lei tot chemotakse van neutrofiele en disintegrasie van DNS en verdere taaiwording van mukus. Dornase-alfa hidroliseer ekstrasellulêre DNS vanaf neutrofiele in brongiale mukus wat die vloeibaarheid verbeter.

  • Verduidelik kortliks wat neonatale respiratoriese noodsindroom is, wat die algemene behandelingstrategieë behels en hoe kortisoon en eksogene surfaktante werk om die probleem op te los.

Dir is wanneer die oppervlakaktiewe stof in die longe van premature baba’s nog nie ontwikkel het nie wat gaswisseling belemmer an kan lei tot hulle longe wat plat val en die dood. Algehele behandeling sluit in oksigenering, kontinue positiewe lugwegdruk, kortikosteroïede en eksogene surfaktante. Kortisoon word aan die ma gegee indien sy ‘n dreigende miskraam het sodat die oppervlakaktiewe stof geïnduseer kan word in die babs voor geboorte. Eksogene surfaktante vul die surfaktant in die longe aan om gaswisseling te bewerkstellig.

  • Wat is die rol van suurstofterapie by neonatale respiratoriese noodsindroom?  Wat behels die gevare van suurstoftoksisiteit?

Suurstofterapie word gegee om hipoksie te voorkom. Toksisiteit behels laer gaswisseling, hipoksie, dood, retinale skade en blindheid.

  • Verduidelik kortliks wat neonatale apnee is en hoe die metielxantiene werk om die probleem op te los.  Watter metielxantiene word gebruik?

Dit is wanneer die asemhalingsentrum in die medulla van premature babas nog nie ontwikkeld genoeg is om op CO2 stimulasie te reageer nie en dit lei tot apnee en bradikardi. Metielxantiene, kaffeïen en teofillien, word gebruik om die SSS te stimuleer en so asemhaling te bewerkstellig.

Blog #3.4

5 Nov 2021, 10:18 Publicly Viewable
  • Wat is die algemene oorsake van rinitis en rinoree?

Verkoue, sinusitis, allergieë

  • Watter geneesmiddelgroepe kan by die behandeling van rinoree gebruik word?  Noem voorbeelde by elke groep.

Alfa agoniste: enielefrien. Anti-histamiene en anti-muskariene: broomfeniramien. Kortikosteroïede: beklometasoon. Astselstabiliseerderss: natriumchromoglikaat. Mukolitika: mesna. Divers: soutoplossings

  • Hoe verskil die dekongestante onderling ten opsigte van werkingsmeganisme en werkingsduur?  Hoe word hulle tipies toegedien?

Direkwerkende en gemengde werkking middels. Assok lank en kort werkend. Word tipies topikaal as neussproei toegedien.

  • Wat is rhinitis medicamentosa?  Hoe word dit behandel?

Dit is permanente vasokonstriksie, inflammasie en swelling asook afregulering van reseptore in nasale lugweë. Behandeling bestaan uit kortikosteroïede en sooutoplossing.

  • Hoe verskil die eerste en tweede generasie antihistamiene ten opsigte van die werkings­meganismes waarvolgens rinitis en rinoree verlig word?  Wat is die voordele van die tweede generasie antihistamiene?  Waarom behoort hulle nie gebruik te word om verkouerinitis te verlig nie?

Eerste generasie antihistamiene is multipotente antagoniste en blok ook muskariene reseptore wat sekresies van lugweë verlaag terwyl 2de generasie antihistamiene dit nie blok nie en daarom nie ‘n effek op sekresies het nie, maar slegs die inllammasie. Voordele van 2de generasie antihistamiene is dat hulle beide kort en langtermyn gebruik kan word terwyl 1ste generasie nie geskik is vir langtermyn behandeling nie. Histamien speel nie ‘n rol by verkoue rhinitis nie daarom sal antihistamiene nie toepaslik wees in hierdie toestand nie.

  • Wanneer is kortikosteroïede, anti-allergiese middels, mesna en normale soutoplossing bruikbaar en hoe word dit toegedien?

Kortikosteroïede: allergiese o inflammatoriese rhinitis, neuspoliepe, rhinitis medicamentosa profilakse. Anti-allergiese middels: profilaksie vir allergiese rhinitis. Mesna: in taai nasale sekresie. Soutoplossing: bevogtiging van droë, geïnflammeerde slymvliese.

Blog #3.2

27 Oct 2021, 09:59 Publicly Viewable
  • Gee jou eie definisie van COLS.

‘n Toestand van chroniese inflammasie wat lei tot swak gaswisseling

  • Beskryf kortliks die voorgestelde etiologie en patofisiologie van chroniese brongitis en emfiseem.

Chroniese brongitis: langtermyn blootstelling aan irritante, strukturele verandering in brongi

Emfiseem: rookgewoonte, onomkeerbare verwyding van brongioli en alveoli

  • Watter tipes terapie word ingesluit om ’n COLS-pasiënt te behandel?

Antibiotika, brongodilatore, mukolitika, suurstof-terapie, leefstyl verandering

  • Waarom is ipratropium meer effektief by die behandeling van chroniese brongitits as by die behandeling van brongiale asma?

Ipratropium verlaag sekresies in longe en dit kan chroniese brongitis help deur mukus te verminder. Asma word veroorsaak deur brongokonstriksie en Ipratropiu het geen effek op die wande nie, dus is dit nie effektief in asma nie, maar wel in chronies brongitis.

  • In watter opsig hou die skeletspier-effekte van teofillien voordele in by die behandeling van COLS?

Teofillien veroorsaak brongodilatasie en kan dus die lugvloei obstruksie verlig

  • Wat is die rol van suurstofterapie by COLS

Suurstofterapie word gebruik om hipoksie in KOLS te verbeter

Blog #2.5

18 Oct 2021, 12:22 Publicly Viewable

Fluvoksamien verlaag die uitdrukking van inflammatoriese gene in endoteel selle en makrofae1. Dit bind sigma-1 reseptore in immuunselle en verlaag so die produksie van inflammatoriese sitokiene2. Hierdie is alles maniere hoe fluvoksamien as anti-inflammatories kan optree in infeksies soos COVID-19, maar dit is nog nie nastenby genoeg om die gebruik te rasionaliseer nie.

In ‘n plasebo-beheerde ewekansige studie het mense wat fluvoksamien neem nie hospitalisasie benodig nie terwyl 6.9% van die plasebo groep gehospitaliseer is. Hierdie studie is egter in ‘n klein groep gedoen en die assessering het vanaf ‘n afstand plaasgevind. 20% van die groep het ook nie die studie voltooi nie3.

‘n Ander studie wat nie-ewekansig en ook nie plasebo-beheerd is nie, het getoon dat 60% van mense wat gekies het om nie fluvoksamien te neem nie, simptome van angs, moegheid en konsentrasieprobleme het. Na twee weke is geen van die fluvoksamien pasiënte opgeneem nie en 12.5% van die wat nie die behandeling neem nie, opgeneem. Die pasiënte wat fluvoksamien neem het geen newe effekte gerapporteer nie. Hierdie studie is ongelukkig in ‘n klein groep uitgevoer en is nie ewekansig nie4.

Met die behandeling van psigiatriese toestande in volwassenes word talle newe effekte waargeneem as gevolg van die effekte van die groter hoeveelhede serotonien soos massatoename, diarree, insomnia en oormatige sweet. Die veiligheid in swangerskap is ook nie bevestig nie en neonate kan pulmonêre hipertensie hê as gevolg van terapie vir die swanger ma5. Behandeling van obsessiewe kompulsiewe steurnis in kinders het ook inligting verskaf vir newe effekte in kinders wat hoër insidense van naarheid en braking insluit6.

Alhoewel hierdie studies goeie resultate toon is die resultate nie so betroubaar nie. Daar is meer studies nodig wat ewekansig is, in groot groepe plaasvind, van direkte assessering gebruik maak en volledig uitgevoer word om die gebruik van fluvoksamien in COVID-19 behandeling te rasionaliseer.

  1. Rafiee L, Hajhashemi V, Javanmard SH. Fluvoxamine inhibits some inflammatory genes expression in LPS/stimulated human endothelial cells, U937 macrophages, and carrageenan-induced paw edema in rat. Iran J Basic Med Sci. 2016;19(9):977-984.
  2. Rosen DA, Seki SM, Fernández-Castañeda A, et al. Modulation of the sigma-1 receptor–IRE1 pathway is beneficial in preclinical models of inflammation and sepsis. Sci Transl Med. 2019.
  3. Lenze EJ, Mattar C, Zorumski CF, et al. Fluvoxamine vs placebo and clinical deterioration in outpatients with symptomatic COVID-19: a randomized clinical trial. JAMA. 2020;324(22):2292-2300.
  4. Seftel D, Boulware DR. Prospective cohort of fluvoxamine for early treatment of coronavirus disease 19. Open Forum Infect Dis. 2021;8(2):ofab050.
  5. Huybrechts KF, Bateman BT, Palmsten K, et al. Antidepressant use late in pregnancy and risk of persistent pulmonary hypertension of the newborn. JAMA. 2015;313(21):2142-51.
  6. Safer DJ, Zito JM. Treatment-emergent adverse events from selective serotonin reuptake inhibitors by age group: children versus adolescents. J Child Adolesc Psychopharmacol. 2006;16(1-2):159-169.

Blog #2.4

14 Oct 2021, 09:19 Publicly Viewable
  • Wat beteken die term “endotelium-afhanklike” vasodilatasie vir jou? Verduidelik.

Dit beteken vasodilatasie wat in die endoteel plaasvind.

  • As ons praat van die NOS-ensieme, wat beteken “konstitueel” en “geïnduseerde” ensieme, en wat is die patologiese en fisiologiese implikasies hiervan?

Konstitueel beteken NOS-ensieme wat altyd teenwoordig is en verantwoordelik is vir homeostase. Geïnduseerd beteken dit word vrygestel in reaksie op ‘n stimulus. Die gevolge van die NOS-ensieme is vasodilatasie wat fisiologies voordelig is om bloeddruk te verlaag en patologies dood van septiese skok kan veroorsaak.

  • Verduidelik hoe NO tot die noodlottige patologie van septiese skok bydra.

Tydens septiese skok word NO vrygestel wat vasodilatasie tot gevolg het, dit kan lei tot ophoping/kongestie van bloed in sekere areas, hipotensie en skok. Dit veroorsaak dat minder bloed lewensbelangrike organe bereik en so dood kan veroorsaak.

  • Watter outakoïede se meganisme van werking berus op effekte op die guanilielsiklase-cGMP-stelsel?

NO, histamien

  • NO kan vir die sel toksies wees.  Watter maniere het die liggaam om hierdie nadelige effek van NO teen te werk?

NO word gedeaktiveer deur binding aan hemoglobien of superoksied anione wat dit af breek na nitrate

  • Noem ‘n manier hoe NO pro-inflammatories kan optree. Gee voorbeelde waar dit voor- of nadele sal hê.

Wanneer daar vreemde antigene in die liggaam is, word NO gesintetiseer. Dis voordelig sodat die immuunselle die antigeen kan bereik en dit kan deaktiveer, maar nadelig omdat die vasodilatasie kan bydra tot anafilaktiese skok.

  • In watter moontlike neurologiese en psigiese siektes is NO betrokke?

Parkinsons, beroerte en Amiotrofiese laterale sklerose

Blog #2.2

9 Sep 2021, 15:45 Publicly Viewable

In watter siektetoestande is angiotensinogeenvlakke verhoog?  Wat is die implikasies hiervan?

Hipertensie, hartversaking. Hoë angiotensien vlakke kan kardiale en vaskulêre hipertrofie veroorsaak, sowel as vasokonstriksie, verhoogde bloedvolume en renale natrium en vloeistof terughouding

Wat is die rede daarvoor dat middels wat die angiotensienstelsel deur werking op angiotensienreseptore rem, minder newe-effekte het as die wat AOE rem?

AT reseptore word selektief geblok terwyl AOE-remmers se effek van hoër bradikinien konsentrasie die droë hoes veroorsaak.

Op watter wyse het AOE-remmers ‘n tweevoudige meganisme van werking by die behandeling van hipertensie?

AOE-remmers verlaag vaskulêre weerstand, maar keer ook die afbraak van bradikinien onder andere. Hierdie bradikinien is dan vry om ook sy bloeddrukverlagende effekte te hê. Dus werk AOE-remmers op twee maniere.

Op watter tipe angiotensienreseptore werk losartan en soortgelyke middels?  Het hulle enige effekte, direk of indirek, op ander angiotensien II-reseptore?

Hulle werk op AT1 reseptore. Indirek het hulle ‘n effek op AT2 reseptore omdat die vlakke van AT II hoër is omdat hulle nie kan bind op AT1 reseptore nie.

Wat is die fisiologiese effekte van kiniene op arterieë en vene?  Speel ander outakoïede ‘n rol in hierdie werking?  Verduidelik.

Kiniene veroorsaak vasodilatasie van arterieë en vene. Ja, ander outakoïede speel ook ‘n rol as tweede boodskapper soos NO & PGI wat vrygestel word na aktivering deur bradikinien.

Watter reseptor is waarskynlik die mees betrokke in die klinies-belangrike effekte van kiniene?

Bradikinien 2 reseptor

Op watter wyse is natriuretiese peptiede moontlik effektief in die behandeling van hipertensie, asook kongestiewe hartversaking?

Natriuretiese peptiede is baie voordelik in die behandeling van hipertensie en hartversaking omdat dit perifere weerstand en sodoende hartuitwerp kan verlaag. Dit gebeur deur vasodilatoriese effek sowel as die diuretiese effek wat bloedvolume verlaag.

Wat is neprilisien en wat is die rasionaal om sy aktiwiteit te inhibeer by die behandeling van hartversaking. Kan jy die middel noem wat sodanig gebruik word. Verwys ook na leereenheid 1 waar julle ook met die spesifieke middel te doen gekry het.

Neprilisien is verantwoordelik vir die afbraak van ANP & BNP. Deur sy aktiwiteit te inhibeer word die effekte van ANP & BNP verleng wat vasodilatasie tot gevolg het en ook ander meganismes om hartuitwerp en perifere weerstand te verlaag. Sodoende word spanning op die versakende hart verlig. Hierdie middel is sakubitril wat in kombinasie met valsartan gegee word. Valsartan is ‘n ACE-inhibeerder wat ons in LE 1 behandel het wat artriële dilatasie veroorsaak. Deur hierdie middels saam te gee kombineer dit hulle effekte en is terapie verbeter.

Gee voorbeelde van endotelium-afgeleide vasodilatore en vasokonstriktore

Vasodilatore: PGI2 & NO

Vasokonstriktore: ET1, ET2, ET3