Belasting
Belasting is een van die onontbeerlike lewensfeite, selfs in Nieu-Seeland. Ten minste het die owerhede in Nieu-Seeland egter 'n belastingstelsel ontwikkel wat relatief maklik is om te navigeer.
Belasting is 'n komplekse area, en hierdie inligting is slegs 'n opsomming van die belasting in Nieu-Seeland.
'n Groot aantrekkingskrag as jy oorweeg om in Nieu-Seeland te bly, is die belastingkonsessie op oorsese beleggingsinkomste en pensioene wat van toepassing is op jou eerste vier jaar wat jy daar bly.
Sleutelkenmerke van Nieu-Seeland se belastingstelsel sluit in:
• Geen erfbelasting nie
• Geen algemene kapitaalwinsbelasting nie, hoewel dit op sekere spesifieke beleggings van toepassing kan wees.
• Geen plaaslike of staatsbelasting, afgesien van eiendomsbelasting gehef deur plaaslike rade en owerhede nie
• Geen loonbelasting nie
• Geen maatskaplike sekuriteitsbelasting nie
• Geen gesondheidsorgbelasting, afgesien van 'n baie lae heffing vir Nieu-Seeland se ongelukvergoeding en beseringsversekeringsskema
Inkomstebelasting
Die inwoners van Nieu-Seeland word belas met hul wêreldwye belasbare inkomste. Volgens statistieke het 43% van Nieu-Seelandse regering se inkomste uit die inkomstebelasting van individue in 2005 gekom, wat bereken is op $22,9 miljard. Daar is verskillende tipes belasbare inkomste, naamlik:
- Salarisse en lone
- Besigheids- en indiensnemingsinkomste
- Inkomste uit beleggings (rente, dividende, eiendomstransaksies, ens.)
- Huurinkomste
- Oorsese inkomste (sowel as oorsese pensioen)
Belastingkoerse
Persoonlike belastingjare begin vanaf 1 April tot 31 Maart. Die belasting betaalbaar sal wissel volgens die inkomstevlak in enige spesifieke belastingjaar. Die belastingkoerse vir 2017 tot 2018 is soos volg:
Inkomste | Belasting koers | Effektiewe belasting koers |
---|---|---|
$0 – $14,000 | 10.5% | 10.5% |
$14,001 – $48,000 | 17.5% | 10.5 - 15.5% |
$48,001 – $70,000 | 30% | 15.5 - 20.0% |
Over $70,000 | 33% | 20.0 - 33.0% |
Geen kennisgewing koers | 48% | 45% |
Bronnelys:
Ministry of business, innovation and employment. Taxes https://www.newzealandnow.govt.nz/living-in-nz/money-tax/nz-tax-system Date of access: 19 Oct. 20170
Taxation in New Zealand. https://en.wikipedia.org/wiki/Taxation_in_New_Zealand Date of access: 19 Oct. 2017.
Vitoria de Barros, 27119459
Elizabeth den Engelsman, 27137023
Daniélle Fouché, 27058409
Lindie Potgieter, 26274396
Marius Snyman, 27116913