RÖAN GROBBELAAR

Default profile image
----------

Belasting nuus 18 Oktober 2017

19 Oct 2017, 21:45 Publicly Viewable

Die Belasting Ombudsman het berig dat daar ‘n drastiese toename is in klagtes deur belastingpligtiges.

‘n Toename van bykans 62% is die afgelope jaar aangeteken wat beteken dat meer as 3 400 klagtes teen SAID ingedien is.

Die grootste probleem is die terugbetaling van belasting krediete asook verkeerde toedeling van betalings deur SAID.

Sakemanne en boere kla ook veral oor die versuim om BTW terug te betaal, en die feit dat sodra die SAID ‘n groot bedrag moet terugbetaal, hulle vertragingstaktiek toepas deur ‘n oudit te doen.

 

18 Oktober-Die Vryburger,2017