NADIA JORDAAN

Default profile image
----------

Italië - BELASTING OP INDIVIDUE

17 Oct 2017, 16:55 Publicly Viewable

 BELASTING VIR IINDIVIDUE IN ITALIë

Image result for ITALY TAX

VM De Barros 27119459 

D Meyer  26059568

N Jordaan 24972770

Watter inkomste sal in Italië belas word?

  • As jy 'n Inwoners van Italië is,  betaal jy belasting op jou wêreldwye inkomste. Inwoner in die konteks verwys na as jy vir meer as 183 aaneenlopende dae oor n tydperk van 12 maande in die land is. 

  • Indien jy vir minder as 183 aaneenlopende dae oor n tydperk van 12 maande in die land is, dan sal jy slegs belasting betaal op jou inkomste wat jy in Italië verdien het. 

  • As jy enige ander inkomstes verdien vanuit ander EU lande moet jy seker maak jy betaal nie tweekeer belasting op die selfde inkomste nie. 

  • Daar is ook 'n plaaslike belasting van tot 3,33% en 'n munisipale belasting van 0,01% - 0,9% (addisioneel IRPEF).

  • IRPEF staan vir 'imposta sul reddito delle persone fisiche' wat Inkomste belasting beteken.

  • Elke streek en munisipaliteit is vry om sy eie koers te stel binne die omvang van die nasionale wetgewing.

Hier is die Inkomste belasting tariewe van Italië vir 2017 :

      

             Jaarlikse inkomste                    

Koers     

1

tot en met €15 000

23%

2

€15 001 - €28 000

27%

3

€28 001 - €55 000

38%

4

€55 001 - €75 000

41%

5

meer as €75 001

43%

Neem die volgende ook in ag:

  • Belastingtoelaes (beskikbaar vir alle belastingbetalers).
  • Enige aftrekkings waarop jy as individu geregtig is. 

Wanneer en hoe betaal 'n mens Inkomstebelating in Italë?

  • Jou werkgewer sal inkomstebelasting en sosiale sekerheidsbydraes van jou salaris aftrek.

  • As jy geen ander bron van inkomste het nie, hoef jy nie 'n jaarlikse opgawe in te dien nie.

  • As jy dit wil doen, moet jy dit teen 2 Oktober aanlyn doen. In uitsonderlike gevalle is jaarlikse opgawes in papierformaat nog steeds moontlik.

  • Dit moet ingedien word tussen 2 Mei en 30 Junie. Inkomstebelasting moet teen 30 Junie betaal word.

  • Dit is moontlik om in die loop van die volgende maand te betaal, dws teen 31 Julie - egter sal 'n toeslag van 0,40% geld.

Hoe om te appelleer / kla?

  • As jy nie met jou belastingaanslag ooreenstem nie, kan jy by die belastingkantoor aansoek doen.

  • Lees noukeurig jou belastingassesseringsbrief om uit te vind by presies watter departement jy aansoek moet doen en watter prosedures gevolg moet word.

  • Die belastingpligtige se waghond van die streekdirektoraat van die Inkomsteagentskap kan jou help.

Bron:

Unknown, 2017. Your Europe. [Aanlyn]
Available at: http://europa.eu/youreurope/citizens/work/taxes/income-taxes-abroad/italy/index_en.htm
[Toegang tot 17 10 2017].