Belasting nuus 2017
Die hoër netto waarde individue in Suid Afrika gaan baie onder druk geplaas word in die nabye toekoms deur SARS. Volgens Jerry Botha sal die lae nakoming aan die belastingvereistes van die land deur die bogenoemde individue hul duur te staan kom.
Daar is klaarblyklik 'n groot gedeelte van die 40 400 individue wat nie hul belastinverpligtinge nakom nie. Die nie-nakoming van die wet deur die individue met 'n gekombineerde rykdom van om en by 17 biljoen Amerikaanse dollars is die rede dat SARS 'n groot gedeelte van hul jaarlikse inkomste verloor.
SARS se plan van aksie is om beter en meer spesifiek te oudit. Een van die aksies is om 130 van die individue se boeke in die huidige finansiële jaar te oudit.
27447588