1.) Ionotropiese ioonkanale en Metabotropiese ioonkanale
2.) Potensiaalafhanklike ioonkanale se funksie is afhanklik van veranderinge in die potensiaal van die selmembraan, terwyl Ligand-afhanklike ioonkanale se funksie afhanklik is van die binding van 'n neurotransmitter op 'n bepaalde reseptor, wat aanleiding gee tot vormverandering en oop/toe-maak van die kanaal. Potensiaalafhanklike ioonkanale se als-of niks seine is vinnig, en beweeg vanaf die aksone tot by die neuronale terminle. Ligand-afhanklike ioonkanale se seine kan selfs 'n paar milisekondes neem om te 'n effek te lewer. Potensiaalafhanklike ioonkanale is hoogs sensitief vir veranderinge in die membraanpotensiaal, terwyl Ligand-afhanklike ioonkanale onsensitief of baie swak sensitief is vir membraanpotensiaal veranderinge.
3.) Ionotropiese reseptore verwys na reseptore wat se direkte binding van 'n neurotransmitter aanleiding gee tot die opening van 'n ioonkanaal. Hierdie reseptore is onsensitief of baieswak sensitief vir veranderinge in membraan potensiaal. Die binding van 'n neurotransmitter aan hierdie reseptore veroorsaak 'n konformasie verandering in die vorm van die ioonkanaal, wat aanleiding gee tot die opening van die betrokke ioonkanaal. Hierdie tipe reseptore is dus ook verantwoordelik vir die vinnige sinaptiese seintransmissie wat tipes gevind word by hierargiese bane in die sentrale senuweestelsel.
Metabotropiese reseptore verwys na reseptore wat nie direk gekoppel is aan 'n ioonkanaal en die opening daarvan nie, maar eerder verbind is aan 'n 7-transmembraan G-proteien. Die direkte binding van 'n neurotransmitter aan hierdie reseptore aktiveer 'n gekoppelde G-proteien, wat op sy beurt lei tot die vrystelling van 2de boodskappers betrokke by intrasellulere seinoordrag, en uiteindelik die betrokke effek lewer. Die effekte wat gelewer word behels die direkte moduering van 'n lading-afhanklike ioonkanaal op die selmembraan gelee, of 'n meer indirekte modulering van ioonkanale met behulp van 2de boodskappers. Uiteraard neem dit baie langer vir sein oordrag om plaas te vind in hierdie transduksiestelsel, soms tien sekondes of selfs minute.
4.) EPSP verwys na 'n eksitatoriese postsinaptiese potensiaal, wat gelewer word wanneer 'n eksiterende baan gestimuleer word deur 'n neurotransmitter, met die effek dat die postsinaptiese membran depolarisasie ondergaan en 'n als of niks aksie potensiaal deur die postsinaptiese sel gegenereer word. Voorbeelde sluit in Glutamaat, Asetielcholien en Serotonien.
IPSP verwys na 'n inhibitoriese postsinaptiese potensiaal wat gelewer word deur stimulasie van 'n inhiberende baan deur 'n neurotransmitter, met die effek dat die postsinaptiese membraan hiperpolarisasie ondergaan, en nie 'n aksie potensiaal kan lewer nie. Voorbeekd hiervan is GABA
5.) Die beweging van 'n aksie potensiaal deur die akson van 'n neuron na die neuronale terminaal veroorsaak die opening van potensiaal-senstitiewe kalsium kanale op die mebraan van die terminaal. Soos wat kalsium in die neuronale terminaal invloei, en die intarterminale kalsium konsentrasie verhoog, bevorder dit die samesmelting van die neurotransmitter bevattende vesikels met die terminale membraan. Die neurotransmitters word nou in die sinptiese spleet vrygestel, en bind aan postsinaptiese reseptore en dra so die aksie potesiaal voort.