Wat beteken anterograde amnesie en watter middels kan hierdie effek veroorsaak?
Anterograde amnesie is ‘n kondisie waarin ‘n persoon geen nuwe herinneringe kan skep of onthou nie (in die werkingsduur van die medikasie). Dit kan wees dat pasiënte gedeeltelik of totale geheue verlies ondergaan.
Medikasie wat dit veroorsaak sluit in: Meeste Bensodiasepiene maar meer in Triasepam as Temasepam. Anterograde amnesie word minder soos wat die dosis verlaag word.
Noem die effekte van die sedatief-hipnotiese middels op die normale slaappatroon en verduidelik wat is die belang daarvan vir die pasiënt.
Bensodiasepiene verminder die tyd om aan die slaap te raak en verhoog die totale slaaptyd- slegs in pasiënte wat gewoonlik minder as 6 ure per nag slaap.
Hierdie sedatief-hipnotiese medikasie verhoog die duur van fase 2 NREM (Non rapid eye movement wat beteken diep slaap)
Bensodiasepiene het ‘n klein verminderende effek op REM (rapid eye movement) slaap gewoontlik die slaap waarin die brein redelik aktief is.
Hoë dosisse verminder REM slaap.
Bensodiasepiene verminder die duur van fase 4 NREM
Zolpidem verminder REM slaap, min effek op SWS (slow wave sleep)
Dit is belangrik dat die pasiënt kennis neem van hoe die medikasie sy slaap patroon gaan beïnvloed menend of hy meer om minder REM SWS of NREM slaap gaan hê. Die Pasiënt moet verstaan as sy slaap patroon beïnvloed word waarom dit so is en of dit die gewenste resultate is.
Watter van die sedatief-hipnotika word as aanvullende terapie in anestesie gebruik. Kan jy verduidelik hoekom?
Barbiturate en Midasolam, Diasepam, Lorasepam- Dit drae by tot die ontspanning en geheue verlies voor die operasie wat help dat die pasient nie trauma ervaar nie. Dit kan help om die spiere te verslap asook om pyn te verminder.
Watter van die sedatief-hipnotika word as antikonvulsante gebruik?
Hoë dosisse Barbiturate en sekere Bensodiasepienes: Klonasepam, Klobasam. Klonasepam en Klobasam is ook profilakties vir epilepsie. Asook Fenobarbitoon.
Wat is die meganisme van die spierverslappende effekte van sommige van die karbamate en die Bensodiasepiene?
Diasepam en Meprobamaat inhibeer polisinaptiese reflekse.
Bespreek die effekte van die sedatief-hipnotika op die respiratoriese en kardiovaskulêre stelsels.
Hierdie middels veroorsaak ‘n vreeslike onderdrukking in die respiratoriese en kardiovaskulêre stelsel- wat nog meer kan vereger word indien pasiënte reeds aan so ‘n ondeliggende siekte ly. Dit kan lei tot die dood. En soos die dosis toeneem neem die onderdrukking ook toe veral as dit IV toegedien word.