LOUIS VLOTMAN

Default profile image
----------

Blog #3

4 Mar 2021, 13:42 Publicly Viewable

Watter faktore kan die absorpsie en verspreiding van sedatief-hipnotiese middels beïnvloed?  Wat is die kliniese belang hiervan?

Die absorbsie van bensodiasepiene wor deur die lipofilisiteit bepaal wat lei tot vinnige of stadige verspreiding. Hoe meer lipofiel die stof is hoe vinnger versprei dit deur die SSS. Klinies sal jy moet besluit of jy kortwerkend of langwerkende middels benodig.

Wat beteken herdistribusie en wat is die belang daarvan?

Die verspreiding van ‘n middel vanaf een weefsel/orgaan na ‘n ander bv. Vanaf die brein na ander weefsel. Dit is belangrik om te weet of die herdistribusie oor die BBS gaan en of dit ‘n invloed op bv. Die fetus in ‘n swager vrou gaan hê.

Hoe word die BD’e gemetaboliseer?  Gee die verskillende stappe in die proses.

  1. Dealkilering (wat aktiewe metaboliete kan veroorsaak)
  2. Oksidasie (CYT P450: Aktiewe metaboliet)
  3. Konjugasie (Fase 2) van geoksideerde metaboliet met glukuronsuur om onaktiewe metaboliet te vorm.

Watter BD’e word na aktiewe metaboliete omgeskakel?  Wat is die belang hiervan?

Diasepam, Chloorasepaat, Prasepa, Chloordiasepoksied, Ketasolam.

Aktiewe metaboliete drae by tot verlengde werkingsduur. Dit kan kummulatiewe effekte hê met veelvoudige dosisse. Dit speel ook ‘n rol in neonate, bejaardes, pasiënte wat op ensiemremmers is en lewersirrose.

Watter BD’e is nie afhanklik van die sitochroom P450 oksidatiewe ensieme vir metabolisme nie?  Wat is die voordele hiervan?

Oksasepam, Lorasepam, Temasepam, Lormetasepam.

Jy kan dit gee vir pasiënte met bogenoemde toestande- dit is dus keuse medikasie vir sulke pasiënte.

Wat is ensieminduksie?  Watter van die sedatief-hipnotiese middels is bekend hiervoor?  Wat is die kliniese belang van hierdie ensieminduksie?

‘n Toestand waar sekere medikasie ensieme se werking bevorder- ensiem produksie versnel. Medikasie soos die ouer Barbiturate, Fenobarbital en Meprobamaat. Dit kan die werking van medikasie verlaag omdat dit vinniger deur meer ensieme afgebreuk word. Kan dus die werkingsduur verlaag.