BERNICE KIRSTEN

Default profile image
----------

Blog #5

4 Mar 2021, 18:05 Publicly Viewable

Watter tipe kinetika ondergaan etanol in die liggaam?  Verduidelik ook wat die kliniese betekenis hiervan is.

  • Vinnige absorpsie & verspreiding vind plaas omdat alkohol lipofilies van aard is
  • Alkohol onderdruk die sentrale senuweestelsel
  • 'n Persoon wat in 'n vastende toestand alkohol inneem bereik piekvlakke in 30 min
  • Pieke word vinniger by vrouens bereik as by mans, omdat hulle minder liggaams vloeistowwe besit
  • Metabolisme van alkohol vind 90% in die lewer plaas en die res in die longe en uriene
  • Volwassenes metaboliseer 7 – 10 g/h 

Gee ‘n kort opsomming van die metaboliese weë van etanolmetabolisme.

Metabolisme van etanol vind in 2 ensiem sisteme plaas:

1. Alkoholdehidrogenase: lae en matige hoeveelheid 

  • Beperkte hoeveelheid NAD (ko-ensiem): zero-orde kinetika (7 – 10 g/h)

2. MEOS = Mikrosomale etanol oksidase sisteem (gemengde funksie oksidases) hoër konsentrasies (>100mg/dL)

  • MEOS aktiwiteit verhoog met chroniese gebruik, kan geinduseer word en is gedeeltelik verantwoordelik vir toleransie

Watter geneesmiddels kan hierdie metabolisme beïnvloed en wat is die effekte daarvan?

  • Disulfiram, Metronidasool, Kefalosporiene en Hipoglisemiese geneesmiddels
  • Die geneesmiddels inhibeer die ensiem aldehied dehidrogenase wat veroorsaak dat asetaldehied nie gemetaboliseer word nie en lei dan tot naarheid, hoofpyn en duiseligheid