DEONE MOCKE

Default profile image
----------

#BLOG5

6 Mar 2021, 18:05 Publicly Viewable

Etanol volg n zero orde kinetika wat beteken dat die alkohol teen n konstante tempo vanuit die liggaam verwyder word en dus sal die kliniese effek daarvan wees dat die hoeveelheid wat jy inneem langer sal bly in jou liggaam indien jy dit vinnig inneem. Die alkohol sal nie genoeg tyd he om die liggaam te verlaat nie en die bloed alkohol vlakke sal dus hoog styg en n effek sal ervaar word.

etanol word gemetaboliseer deur middel van alkohol dehidrogenase en ko ensiem NAD asook deur MEOS en ko ensiem NADPH tot asetaldehied. Asetaldehied kan weer op sy beurt omgeskakel word na asetaat deur aldehied dehidrogenese.

Alkoholdehidrogenase kan geinhibeer word deur die middel, fomepizole wat die vorming van asetaldehied keer. en aldehied dehidrogenase kan geinhibeer word deur middels soos: disulfiram, metronidasool, kefalosporiene en hipoglisemiese geneesmiddels wat beteken dat asetaat nie sal kan vorm nie. die opeenhoping van asetaldehied kan lei tot simptome soos naarheid, braking, hoofpyn en gloede.