Toleransie van alkohol kan ontstaan as gevolg van SSS aanpassings bv by reseptore asook omrede die metabolisme wat toeneem as gevolg van die ensiemsisteem MEOS, die aktiwiteit verhoog met chroniese gebruik.
Chroniese alkohol gebruik kan lei tot afname in lewer funksie en hepatitis en sirrose kan voorkom. n afname in glukoneogenese kan waargeneem word wat kan lei tot hipoglukemie, vetakkumulasie en nutrient gebreke dra by hiertoe. lewermetabolisme se aktiwiteit neem toe en kan daartoe lei dat n alkoholis nie die effekte van n hoe bloed alkohol vlak ervaar nie en oor die limiet kan gaan wat dan kan lei tot n koma en die dood.
n Brein sindroom veroorsaak deur n tekort aan vitamine b1 of tiamien wat perifere neuropatie veroorsaak. simptome: ataksia, verwarring en paralise van gesigspiere. Behandeling hiervoor is die toediening parenteraal van tiamien om permanente breinskade te voorkom.
fetale alkoholsindroom ontstaan by kinders wie se moeders alkohol misbruik of gebruik het veral tydens die eerste trimester. dit is n tetratrogeniese effek. Eienskappe wat so n kind kan he is verstandelike vertraging, groeigebrekke, mikrofalie en onderontwikkelde middelste area van die gesig.
farmakokinetiese interaksies:
chronies- gebruik van etanol veroorsaak dat ander geneesmiddels ook vinniger gemetaboliseer word, parasetamol is lewensgevaarlik vir iemand wat chronies alkohol gebruik want dit kan hepstotoksiteit veroorsaak self met terapeutiese dosisse as gevolg van die induksie van CYP2E1
Akuut kan n afname in metabolisme veroorsaak van fenotiasien en ander sedatiewe hipnotika.
Geneesmiddelinteraksies met alkohol wat daartoe lei dat farmakologiese effekte van middels gepotensieer word. 4 geneesmiddels nl: setrale senuwee onderdrukkers soos bensodiasepiene, vasodilators,hipoglisemiese middel en antiplaatjiekleefbaarheids middels.