anti- epilieptiese middels wat die Pil se metabolisme beinvloed : fenobarbitoon,fenitoien, karbamasepien, oxcarbazepine, topiramaat, perampenel. Hierdie middels veroorsaak dat die pil se effektiwiteit afneem wat kan lei tot deurbraak bloedings en ongewenste swangerskappe. Middels wat veilig is om saam met die Pil te neem : valproaat, lamotrogine, gabapentin, leviterasetam, vigabatrin.
Metabolisme van AED's by neonate is baie stadig, Babas en kinders het n baie vinnige metabolisme vir die middels en by bejaardes moet n laer dosis gegee word omdat die metabolisme weer baie stadiger is. Antikonvulsante kan hiperaktiwiteit by kinders veroorsaak, daar is n toename in insidensies van SSS toksiteit by bejaardes omrede die afname in renale funksie, risiko vir hiponatrium kom hier voor.
plasmabloedvlakmonitering is nodig by die volgende gevalle: by die gebruik van ensieminhiberende middels soos valproaat, fenitoien, fenobarb en lamotrogine. By die gebruik van fenitoien omrede dit versadigende metabolisme het. By die gebruik van orale kontrasepsie en lamotrogine en valproaat. By die gebruik van oskarbasepiene en karbasepien by bejaardes moet die natrium vlakke gemonitor word omdat hiponatremie kan voorkom.