DIAN DE JONGH

Default profile image
DIAN DE JONGH

#BLOG7

10 Mar 2021, 21:55 Publicly Viewable

Watter anti-epileptiese middels beïnvloed die Pil (orale kontrasepsie) se metabolisme en wat is die implikasies hiervan?  Watter middels is veilig om saam met die Pil te gee?

-Omrede sommige anti-epileptiesemiddels die hepatiese sitochroom P450 ensiem induseer, estrogeen en progesteroon word omgeskakel na hul onaktiewe metaboliet. Dus verlaag die serum konsentrasie van hormone wat in orale kontrasepsie gevind word.

-Beïnvloed- Phenobarbital, Phenytoin, Carbamazepine, Felbamate, Oxcarbazepine, Topiramate

-Veilig – Valproaat suur, Lamotrigine, levetiracetam

Watter middels is veilig om saam met die Pil te gee?

  • Vigabatrin
  • Leviterasetam
  • Gabapentin
  • Pregabalin

Kinetika van die middels wat deur ouderdom beïnvloed word (vanaf neonate tot by bejaardes):
•    Neonate het ‘n stadiger metabolisme dus moet kleiner dosisse gegee word, gewoonlik Fenobarbitoon, omdat daar min ervaring met die nuwe middels is.
•    Babas en Kinders het ‘n baie vinniger metabolisme as volwassenes en dus lyk dit of hulle dosisse altyd hoër is.
•    Bejaardes moet altyd kleiner dosisse toegedien word.

Gevalle waar plasmabloedvlakmonitering aangedui is:
•    By geneesmidels wat ensieminhiberende aktiwiteite het bv. Valproaat, Fenotoïen, Fenobarbitoon en Lamotrigine.
•    Wanneer Fenotoïen gebruik word, omdat dit ‘n versadigbare metabolisme in die lewer het.
•    Die plasmabloedvlakke moet ook gemonitor word wanneer die persoon op orale kontrasepsie (die pil) is.