Watter moontlike meganismes is ter sprake by die ontstaan van toleransie teenoor chroniese alkoholinname?
Watter toksiese effekte het chroniese alkoholgebruik op die lewer en lewermetabolisme?
Wat is Wernicke-Korsakoff-sindroom en hoe word dit behandel?
Wat is die fetale alkoholsindroom? Verduidelik volledig.
Fekale alkoholsindroom is die onomkeerbare teratogeniese effek by ‘n kind, waar die moeder alkohol gebruik het tydens swangerskap (veral in die eerste trimester).
Kliniese waarneembare effekte by ‘n kind, wat fetale alkoholsindroom het, is: verstandelike vertraging, groei gebreke, mikrokefalie (verkleinde brein i.v.m. kinders dieselfde ouderdom), onderontwikkelde middel-gesigarea. Hierdie kinders het gewoonlik breinskade.
Daar is geen behandeling om die sindroom om te keer nie, maar mens kan wel die simptome behandel en verlig, bv. stimulante vir hiperaktiwiteit, antidepressante vir depressie a.g.v. onderontwikkelde emosie ens.
Hoe verskil die farmakokinetiese interaksies van akute en chroniese alkoholgebruik?
Noem 4 geneesmiddelinteraksies met alkohol waar die farmakologiese effekte van die ander middels deur alkohol gepotensieer word.