DIAN DE JONGH

Default profile image
DIAN DE JONGH

#BLOG9

28 Mar 2021, 19:29 Publicly Viewable

1. Hoe vergelyk die sensitiwiteit vir blokkade deur ‘n LA van die volgende tipes vesels met mekaar?

  • Gemiëlineerde vesels met ongemiëlineerde vesels.

Klein en gemiëlineerde vesels word dus makliker geblok in vergelyking met groot en ongemiëlineerde vesels wat minder sensitief is tot die blokkade by die lokale anestetikum.

  • Druk / tassenuwees met die dorsale senuwees wat pynimpulse gelei.

Die dorsale senuwees wat impulse gelei, is dus meer sensitief vir die blokkering en word ook sodoende vinniger geblokkeer as druk / tas senuwees.

2. Maak ‘n lys met die effekte van LA op ander weefsels.

  • Hart: Die Na2+ kanale word geblokkeer in die hart, wat die aksie potensiaal verkort en die refraktêre periode verleng en dus kan anti-aritmiese effekte tot gevolg wees, word gewoonlik veroorsaak deur Klas 1 anti-aritmiese middels bv. Lidokaïen.
  • Skeletspier: Swak blokkerende effekte kom na voor, dus is daar geen kliniese toepassing nie.
  • Kokaïen: Het ’n effek op die gemoedstoestand, verhoog dus die gemoedstoestand. Kan ook die sentrale katesjolamien-gemedieerde neurotransmissie beïnvloed, wat dus die NA heropname kan blokkeer.

3. Waarop berus die keuse van ‘n LA?

  • Dit hang af van hoe lank die lokale anestetika gebruik gaan word (aantal tyd).
  • Waarvoor die anestetikum gebruik gaan word (die kliniese gebruik daarvan).
  • Hoe lank die anestetikum se werkingsduur is (werkingsduur).

4. Waarom word oplossings van LA soms met CO2 versadig?

Dit potensieer die lokale anestetikum, wat beteken dat die aanvang van werking versnel word.

5. Watter van die LA word tipies vir oppervlakanestesie gebruik?

  • Kokaïen
  • Bensokaïen
  • Oksibuprokaïen