LIA WISSING

Default profile image
----------

Blog #9

30 Mar 2021, 13:15 Publicly Viewable

Hoe vergelyk die sensitiwiteit vir blokkade deur ‘n LA :

Gemiëlineerde vesels met ongemiëlineerde vesels.

  • Kleiner, gemiëlineerde vesels word makliker geblokkeer as groter, ongemiëlineerde vesels

Druk / tassenuwees met die dorsale senuwees wat pynimpulse gelei.

  • Die dorsale senuwee (wat impulse gelei), is meer sensitief vir blokkasie, dus word dit makliker geblok as druk/tas senuwees.

Maak ‘n lys met die effekte van LA op ander weefsels.

  • Hart: Klas 1 anti-aritmiese middels, blok Natrium kanale
  • Skeletspier: swak blokkerende effek, geen kliniese toepassing
  • Psige: verbeter gemoedstoestand, beïnvloed sentrale katesjolamien gemedieerde neurotransmissie (inhibeer NA heropname

Waarop berus die keuse van ‘n LA?

  1. tipe prosedure wat gedoen word,
  2. die tipe weefsel waarop die prosedure op uitgevoer word
  3. hoe lank die prosedure gaan wees

Waarom word oplossings van LA soms met CO2 versadig?

Die aanvang van werking sal versnel word deur potensieering van die LA dmv:

  • Direkte onderdukkende effekt van CO2 op die akson
  • Konsentreer LA binne in die senuweebondel
  • Omskakeling van LA na aktiewe katioon

Watter van die LA word tipies vir oppervlakanestesie gebruik?

  • Bensokaïen
  • Kokaïen
  • Oksibuprokaïen