Watter twee hoofgroepe middels is belangrik by die behandeling van Parkinsonisme?
Dopamienagoniste en Anti-cholinergiese middels.
Hoe werk amantadien as antiparkinsonistiese middel?
Bespreek die werkingsmeganismes van die antiparkinsonistiese middels wat dopamienkonsentrasie op ‘n indirekte wyse verhoog.
-MAO-B remmers; Dopamien metabolisme word onderdruk en vlakke van dopamien in die SSS verhoog dan.
-Safinamied: Veroorsaak potente omkeerbare inhibisie van MAO-B en inhibeer heropname van Dopamien
-Istradefillien: Adenosien A2A antagonis – Adenosien inhibeer D2 funksie. Dus word D2-reseptorfunksie verbeter.
Watter van die dopamienagoniste is ergotderivate en watter nie?
Ergotderivate: Broomkriptien
Nie-ergotderivate: Pramipexole en Ropinirole
Maak ‘n lys van die spesifieke dopamienreseptore wat deur elke agonis gestimuleer word.
AGONISTE:
Dopamien 2 Reseptor: Broomkriptien, Ropinipole
Dopamien 3 Reseptor: Pramipexole
Watter van hierdie middels word as neuronbeskermende middels geklassifiseer? Wat beteken dit?
Pramipexole: Neurobeskermend – agv sy vermoe om op die uitkyk te wees vir waterstof peroksied en verhoog neurotropiese aktwiteit in mesencephalic dopaminergiese sel culture.
Wat is die belang van Monoamienoksidase B (MAO-B) selektiewe middels by die behandeling van Parkinsonisme?
Dopamien metabolisme word onderdruk en verhoog dus dan vlakke van dopamien in die SSS.
Hoe werk die COMT-remmers in Parkinsonisme?
COMT metaboliseer L-dopa na 3-O-metieldopa (3OMD).
Verhoogde plasmavlakke van 3OMD àswak terapeutiese respons met l-dopa
(omrede 3OMD kompeteer met l-dopa vir aktiewe transportprosesse)
COMT-remmer verleng dus werkingsduur van L-dopa te danke aan ‘n afname aan sy perifere metabolisme en verbeter so L-dopa se biobeskikbaarheid.
Hoe werk Istradefilien?
Istradefillien: Adenosien A2A antagonis
– Adenosien inhibeer D2 funksie. Dus bevorder die antagonis D2-reseptor se funksie omrede die Adenosien blokkeer word sal D2 nie geinhibeer word nie.
Bespreek die werkingsmeganisme van safinamied
Veroorsaak potente omkeerbare inhibisie van MAO-B en inhibeer Dopamien heropname.
Dit verlaag ook glutamaat vrystelling.