IZEL ENGELBRECHT

Default profile image
II ENGELBRECHT

Blog#10

18 Apr 2021, 18:13 Publicly Viewable
  • Watter twee hoofgroepe middels is belangrik by die behandeling van Parkinsonisme?

    • Anticholinergiese middels
    • Dopamien agoniste

  • Hoe werk amantadien as antiparkinsonistiese middel?
    • Dit is ‘n metaffinoïede potensieëerder van dopamien
    • NMDA antagonis (antidiskinetiese middel – onderdruk onwillekeurige beweging van Parkinson’s.
    • Adenosien A2 antagonis
    • Antiretrovirale middel wat die D2 reseptor funksie inhibeer

  • Bespreek die werkingsmeganismes van die antiparkinsonistiese middels wat

dopamienkonsentrasie op ‘n indirekte wyse verhoog.

Safinamien

Verhoog dopamien funksie en verlaag Glutamaat vrystelling

Istradefillien

Adenosien A2 antagonis wat D2 se funksie inhibeer

  • Watter van die dopamienagoniste is ergotderivate en watter nie?

Broomkriptien is ‘n ergot derivaat, maar Pramipexole en Ropinirole is nie.

  • Maak ‘n lys van die spesifieke dopamienreseptore wat deur elke agonis gestimuleer word.

    • Broomkriptien: Gedeeltelike agonis op D2 reseptore
    • Pramipeksool: D3 reseptors
    • Ropinirool: D2 reseptor agonis

  • Watter van hierdie middels word as neuronbeskermende middels geklassifiseer?  Wat beteken dit?

    • Rasagelien en selegilien- MAO-B inhibeerder
    • Verminder die siekte progressie en simptome.

  • Wat is die belang van Monoamienoksidase B (MAO-B) selektiewe middels by die behandeling van Parkinsonisme?

Hulle inhibeer selektief MAO-B ensieme met die gevolg dat dopamien metabolisme onderdruk word en dopamien vlakke in die SSS verhoog. Dus verlig dit simpatomimetiese effekte van Parkinsonisme.

  • Hoe werk die COMT-remmers in Parkinsonisme?

KOMT-remmers inhibeer die metabolisme van l-dopa na 3-O-metieldopa deur KOMPT wat dan met l-dopa kompeteer vir aktiewe transportprosesse.  Dit verleng dan die werkingsduur van l-dopa, veroorsaak ‘n afname in perifere metabolisme en verbeter biobeskikbaarheid.

  • Hoe werk Istradefilien?

Adenosien A2a reseptor antagonis wat die ooraktiwiteit van die striatale weg verminder en dus die balaans in die basale ganglia herwin.

  • Bespreek die werkingsmeganisme van safinamied

Dit is ‘n mono oksidase B inhibeerder.

    • Verhoog Dopamien se aktiwiteit deur die potente omkeerbare inhibisie van Mao-B en die inhibisie van dopamien heropname.
    • Verlaag die vrystelling van Glutamaat.