JOHAN KRUGER

Default profile image
----------

Blog #5

8 Jun 2021, 22:02 Publicly Viewable

Watter tipe kinetika ondergaan etanol in die liggaam?  Verduidelik ook wat die kliniese betekenis hiervan is.

Etanol ondergaan zero-orde kinetika. Daar is dus slegs ‘n bepertke hoeveelheid koensiem, en dit word versadig met hoë alkohol inname. Die tempo van afbraak bly dieselfde, ongeag hoeveelheid alkohol.

Gee ‘n kort opsomming van die metaboliese weë van etanolmetabolisme

Daar is 2 ensiemsisteme betrokke:

  1. Alkoholdehidrogenase

Dit is die primêre metabolisme van alkohol. Kom voor by ‘n lae en matige hoeveelheid. Zero-orde kinetika vind hier plaas, so die metabolisme bly konstant, ongeag die hoeveelheid alkohol

  1. MEOS – Mikrosomale Etanol Oksidering Sisteem

Metabolisasie van alkohol by hoë konsentrasies ( >100mg/dL). MEOS aktiwiteit verhoog met chroniese gebruik, kan geinduseer word, en is gedeeltelik verantwoordelik vir toleransie

Watter geneesmiddels kan hierdie metabolisme beïnvloed en wat is die effekte daarvan?

Disulfiram, Metronidasool, Hipoglisemiese GM’s en Kefalosporiene – inhibeer aldehieddehidrogenase, wat veroorsaak dat die metabolisering van asetaldehied na asetaat nie kan plaasvind nie. Asetaldehied hoop op en veroorsaak hoofpyn, hartkloppings, naarheid, duiseligheid en blosing.

Fomepisool – veroorsaak alkoholdehidrogenase, wat veroorsaak dat etanol nie kan omskakel na asetaldehied nie.