Watter moontlike meganismes is ter sprake by die ontstaan van toleransie teenoor chroniese alkoholinname?
Veranderinge van reseptore en 2de boodskappers in die SSS vind plaas, en kan lei tot reseptorsubsensitiwiteit.
Verhoging in metaboliese tempo van MEOS vind plaas by die chroniese gebruik van alkohol. Meer alkohol word so gemetaboliseer omdat die ensieme geinduseer word.
Watter toksiese effekte het chroniese alkoholgebruik op die lewer en lewermetabolisme?
Progressiewe afname in lewerfunksie, sirrose en hepatitis
Verlaging in glukoneogenese lei tot hipoglukemie en vetakkumulasie, nutriëntgebrek dra by
Verhoging in die aktiwiteit van lewermikrosomale ensieme
Wat is Wernicke-Korsakoff-sindroom en hoe word dit behandel?
Vitamien B1 tekort a.g.v. chroniese gebruik van alkohol, lei tot perifere neuropatie in die SSS.
Veroorsaak breinskade wat dan lei tot Wernicke-Korsakoff. Simptome sluit in: ataksie, verwarring en verlamming van gesigspiere.
Wat is die fetale alkoholsindroom? Verduidelik volledig.
FAS kom voor wanneer ‘n swanger vrou, chronies alkohol gebruik en dit het dan teratogeniese effekte op die baba - wat deur die bloed oorgedra word - omdat die fetale lewer baie min of geen alkohol dehydrogenase aktiwiteit het nie. Effekte sluit in: verstandelike vertraging, groeigebreke, mikrokefalie, karakteristieke onderontwikkeling van die middelste gesigsarea.
Hoe verskil die farmakokinetiese interaksies van akute en chroniese alkoholgebruik?
Akuut: verlaag die metabolisme van ander GM’s soos: sedatief hipnotiese middels en fenotiasiene
Chronies: verhoog die metabolisme van ander GM’s soos: parasetamol
Noem 4 geneesmiddelinteraksies met alkohol waar die farmakologiese effekte van die ander middels deur alkohol gepotensieer word.
Parasetamol, Aspirien (antikleefbaarheidseffekte), Vasodilatore en SSS onderdukkers