Stel m.b.v. jou handboeke ‘n klassifikasie op van die middels wat as antidepressante gebruik word.
Klassifikasie |
Geneesmiddel |
SSRI |
Sitalopram, Sertralien, Esitalopram, Fluvoksamien, Paroksetien, Fluoksetien |
SNRI |
Duloksetien, Venlafaksien, Desvenlafaksien |
TAD |
Sekondêr à Nortriptilien, Desimipramien, Lofepramien Tersiêr à Amitriptilien, Imipramien, Trimipramien, Chloorimipramien, Dotiëpien |
Tetra en unisikliese AD’s |
Bupropioon, Mirtasepien, Amoksepien, Mianserien, Maprotilien, Vilasodoon |
MAOI’s |
Fenielsien, Moklobemied, Tranielsipromien, Isokarboksasies, Selegilien |
5-HT reseptor moduleerders |
Trasodoon, Vortioksetien, Nefasodoon |
Sirkadiese ritme reguleerders |
Agomelatien |
NARI’s |
Reboksetien |
Met betrekking tot die bestaande middels se werkingsmeganismes, wat het hulle almal in gemeen?
Die middels verhoog NA en 5-HT konsentrasies
Hoe lank neem dit vir hierdie middels se antidepressiewe effekte om te verskyn? Wat is die rede hiervoor?
14-21 dae or meer, die rede hiervoor kan toegeskryf word aan die 2 weke wat nodig is om neurotrofiese faktore te sintetiseer en die kliniese effekte van AD hou verband met die BDNF.
Hoe verskil die TAD’e en die selektiewe serotonienheropname remmers (SSRI’s) van mekaar t.o.v.:
Effektiwiteit |
Newe-effekte |
Veiligheid |
TAD’s se dosis moet opgetitreer word tot by die minimum effektiewe dosis en die SSRI’s kan dadelik met die volle dosis toegedien word |
TAD’s: anticholinergiese effekte soos droeë mond, konstipasie, urienretensie, dowwe visie en verwarring; ortostatiese hipotensie; sedasie; massa toename; seksuele disfunksie; disritmieë. SSRI’s: spysverteringskanaal steurnisse; seksuele disfunksie; hoofpyn; insomnia en hypersomnia; massatoename; verlaagde libido
|
TAD oordosis kan kardiotoksisiteit, bloeddrukveranderinge, anticholinergiese effekte en konvulsies veroorsaak TAD oordosis is gevaarliker as SSRI oordosis |
Hoe werk mirtasepien?
Blokkeer α2, dit bevorder NA en 5-HT vrystelling. Dit blokkeer 5-HT2A en 5-HT3 en het dus antidepressante en angsiolitiese effekte. Dit blokkeer ook H1 en α1
Hoe werk venlafaksien?
Dit blokkeer 5-HT en NA heropname, maar is meer potent vir 5-HT as vir NA. Dit het ook lae affiniteit vir H1 en M1 reseptore. Dis ook ‘n swak dopamien heropname inhibeerder.
Hoe werk agomelatien?
Primêre agonis op MT1 en MT2 en herstel die slaapritmes. Antagonis op 5-HT2C wat slaap bevorder en antidepressief is a.g.v. die disnhibisie van DA en NA vrystelling in die frontale korteks.