JOHAN KRUGER

Default profile image
----------

Blog #13

8 Jun 2021, 22:06 Publicly Viewable

Bespreek die moontlike werkingsmeganismes van litium.

Beïnvloed cAMP, IP3 en DAG tweede boodskapper sisteme, laasgenoemde deur verlaging van verskeie ensieme wat belangrik is in die omskakeling en hersirkulering van membraanfosfoinositiede. IP3 en DAG is belangrik in monoamine en cholinergiese neurotransmissie

Wat is litium se terapeutiese indeks en wat is die kliniese belang daarvan?

0.5-1.5mM

Die terapeutiese indeks is klein, dus kan toksisiteit maklik voorkom met verkeerdelike dosering

Wanneer word litium as enkelmiddel gebruik en in watter gevalle en met watter tipe middels word litium gekombineer?

Enkelmiddel à Vir die profilakse vir maniese en hipomaniese episodes

Kombinasie à Met Valproaat by akute maniese fases as die pasiënt nie op litium alleen reageer nie

Noem 3 klinies betekenisvolle interaksies wat litium met ander middels kan hê.  Lig jou antwoord toe met gepaste geneesmiddelvoorbeelde

Neurotoksies à wanneer in kombinasie met karbamasepien, kalsiumkanaal blokkers, metieldopa en fenitoïen

Verhoogde renale uitskeiding à teensuurmiddels, teofillien en kaffeïen

Verhoogde EPS à wanneer in kombinasie met tradisionele APM’s

Noem die belangrikste newe-effekte van litium.

Tremore, sedasie, ataksie, afasie, spierswakheid, moegheid, polidipsie, poliurie, nokturie,nefrogene diabetes insipidus, tiroïed vergroting, leokositose, edeem, massatoename, aknee, alopesia en seksuele disfunksie is almal newe-effekte van litium.

Wat is die status van litiumgebruik tydens swangerskap en laktasie?

Litium toksisiteit kan kardiovaskulêre abnormaliteite in die baba veroorsaak

Hoë konsentrasies litium in borsmelk kan toksies wees vir die baba, dus word borsvoeding nie aanbeveel nie

Noem 3 ander belangrike indikasies vir litium.

Skisofrenie, gemoedstabiliseerder en anti-depressant

Evalueer die volgende geval en motiveer jou aanbevelings volledig:

Die diuretikum het ‘n interaksie met die litium en moet gestaak word. Die diuretikum kan ook dehidrasie veroorsaak omdat dit die urinêre uitskeiding verhoog. Die interaksie met litium kan veroorsaak dat die litiumvlakke verhoog en kan tot litium toksisiteit lei end it veroorsaak haar gewigstoename, moegheid, dors, bewerigheid en naarheid.