BERNICE KIRSTEN

Default profile image
----------

Blog #13

11 Jun 2021, 08:46 Publicly Viewable

Bespreek die moontlike werkingsmeganismes van litium.

  • Li – ioon: Beïnvloed cAMP, IP3 en DAG tweede boodskapper sisteme, DAG verlaag verskeie ensieme wat belangrik is in die omskakeling en hersirkulering van membraanfosfo-inositiede. IP3 en DAG is belangrik in monoamine en cholinergiese neurotransmissie. ß ONDERDRUKKING van beide sisteme, naamlik: Adenielsiklase & Fosfolipase sisteem. Meer as 1 neurotransmissie proses.

Wat is litium se terapeutiese indeks en wat is die kliniese belang daarvan?

  • 0.5 – 1.5 mM, want groter as (>) 2 mM is toksies.

Wanneer word litium as enkelmiddel gebruik en in watter gevalle en met watter tipe middels word litium gekombineer?

  • Monoterapie van Litium word gebruik as gemoedstabiliseerder vir bipolêre steurnisse.
  • Litium word met Klonasepaam, Lorasepam, Valproaat gekombineer.

Noem 3 klinies betekenisvolle interaksies wat litium met ander middels kan hê.  Lig jou antwoord toe met gepaste geneesmiddelvoorbeelde.

  • Teensuur middels (bv. Na-bikarbonaat), teofillien, kaffeïen verhoog renale uitskeiding van Litium (verlaag effektiwiteit).
  • Neurotoksies kombinasie met antikonvulsant (bv. karbamasepien), Kalsium kanaal blokkers, losartan, metieldopa, metronidasool en fenitoïen.
  • Tradisionele Anti-psigotiese middels bv. chloorpromasien vererger ekstra-piramidale effekte in kombinasie met Litium

Noem die belangrikste newe-effekte van litium.

  • Tremore, sedasie, ataksie (afname in koördinasie en beweging), afasie (spraaksteurnis)
  • Spierswakheid, moegheid
  • Polidipsie, poliurie, nokturie
  • Nefrogene diabetes insipidus (Li+ meng in met nier se vermoë om uriene te konsentreer)
  • Tiroïedvergroting
  • Leukositoses
  • Edeem
  • Massatoename
  • Aknee, alopesie
  • Seksuele disfunksie

Wat is die status van litiumgebruik tydens swangerskap en laktasie?

  • Gedurende swangerskap word vermoed dat die gebruik van litium die voorkoms van aangebore kardiogeniese afwykings verhoog (baba se hart ontwikkel nie volledig nie).
  • Agtergrond: Daar is aansienlike bewyse dat postpartum-profilakse met litium die tempo van terugval in bipolêre versteuring verlaag. Dit is egter gekontraïndikeer tydens borsvoeding vanweë die groot wisselvalligheid van die oordrag in borsmelk.

Noem 3 ander belangrike indikasies vir litium.

  1. Gemoedstabiliseerder.
  2. Anti-maniese effekte tydens akute of instandhoudings fases.
  3. Anti-depressiewe effekte tydens akute of instandhoudings fases.

Evalueer die volgende geval en motiveer jou aanbevelings volledig:

  • Me B. Polar (21 jaar, 60kg) is ‘n student en het die afgelope 2 maande die volgende medikasie gebruik:
  • Camcolith is 'n geneesmiddel met 'n beheerde vrystelling van litium / Li+. Haar plasmavlakke was 0,8 mmol / L, wat binne die terapeutiese gebied val (0,5-1,5 mmol / L). Die gewigstoename is 'n algemene newe-effek wat gepaard gaan met die gebruik van die Litium-tablette. Die diuretika (waterpille) kan interaksie met die Litium-tablette veroorsaak wat toksisiteit kan veroorsaak. Die moegheid, konstante dors, naarheid en wankelrige gevoel kan wees a.g.v. dehidrasie wat veroorsaak word deur die diuretiese tablette a.g.v. die verhoogde uitskeiding van water. Indocid is 'n nie-steroïdale anti-inflammatoriese middel (NSAIM's), wat ook bekend is dat dit 'n interaksie met Litium-tablette het wat die plasmavlakke verhoog en so toksisiteit kan veroorsaak. My aanbeveling is dus om die Diuretika-tablette (waterpille) te stop, aangesien die Camcolith geen toksisiteit toon nie, kan die pasiënt voortgaan met die gebruik daarvan, maar dit moet gedurende die Indocid-behandeling op toksiese effekte gemonitor word. Andersins moet die pasiënt 'n ander medikasie kry om haar besering te behandel.