Pyn kan gedefinieer word as ‘n onaangenamw sensoriese en emosionele ervaring wat gepaard gaan met werklike of potensiële weefselskade, dit is ‘n subjektiewe ervaring. Die persepsie van pyn word beïnvloed deur die pasiënt se gemoedstoestand en die betekenis wat pyn vir die pasiënt het.
Daar is twee tipes pyn (akuut en chronies).
Akute pyn is vinnige pyn en word gewoonlik veroorsaak deur besering en duur gewoonlik vir ‘n kort tydperk. ‘n Operasie is ‘n voorbeeld van akute pyn, want die pyn verminder soos wat die wond genees. Pyn stillers sal die pyn onder beheer hou.
Chroniese pyn is stadige pyn wat veroorsaak word deur veranderinge aan die senuwees en duur voort lank nadat die besering/behandeling verby is. Chroniese pyn kan wissel van matig tot erg en dit kan moeilik wees om te behandel. Pyn stillers en ander pyn beheer middels kan dit dikwels suksesvol beheer.
Elke person ervaar pyn anders, omdat hulle verskillende pyn drempel het (graad van pyn wat ervaar word), sommige mense se pyn drempel is hoër as ander mense s’n.
Matige pyn kan behandel word met oor-die-toonbank parasetamol. Middelmatige tot ernstige pyn kan behandel word met oor-die-toonbank medikasie, soos parasetamol, kodeïen bevattende middels in klein dosisse. Ander tipes pyn (soos post operatiewe pyn) kan behandel word met medikasie wat slegs met ‘n voorskrif gegee kan word (heel waarskynlik ‘n sterk dosis van ‘n opioïed)
Indien die pyn nie meer verdraaglik is nie, moet die pasiënt na ‘n spesialis verwys word waar daar toetse gedoen word om die brein impulse waar te neem waar pyn gevoel word.