Alkohol is die groot partytjie “drug” en die aangename effekte daarvan is nie veel nie, alhoewel mens ‘n lekker “buzz” kry en voel asof die wêreld onder jou voete draai. Mens vergeet dikwels dinge, wat baie mense help wat juis gebeurtenisse wil vergeet, maar dit is sleg omdat dit vir hulle dan ‘n “coping mechanism” word en aanleiding gee tot verslawing en afhanklikheid.
Alkohol het positiewe effekte soos verhoogde selfbeeld, kalmerende effekte, verbeterde/gemakliker kommunikasie vaardighede, maar dit is slegs korttermyn effekte. Sedatiewe effekte kom ook voor met die gebruik van alkohol, wat vir mense wat aan insomnia ly, voordelig is. Daarna begin naarheid, braking, “hangover”, hoofpyn en selfs bewussyn verlies kan voor kom.langtermyn newe-effekte sluit lewer skade in, en mens kan toleransie opbou, en sodoende meer nodig hê om dieselfde effek te kry.
Vir ‘n vrou is 1 glasie genoeg, omdat ‘n vrou se liggaamswater minder as ‘n man s’n is, dus kan ‘n man 2 glasies inneem. Dit is ongelooflik belangrik om binne die grense te bly, omdat dit baie maklik is om bo die grens te wees as gevolg van toleransie wat ontwikkel met herhaalde inname van alkohol.
Ons kan gebruik maak van die 1-2-3 reël – 1 drankie per dag, nie meer as 2 op een slag nie en nie meer as 3 keer per week nie en indien hierdie reël oorskry word, dan het jy dalk ‘n problem ontwikkel.
Hoe om te weet of jy ‘n probleem ontwikkel?
Wat kan jy doen?
Dit sal die beste wees om na professionele hulp te gaan soek waar jy raad kan kry oor hoe om te werk te gaan. Jy kan na ‘n detox fasiliteit toe gaan indien die ontrekkingssimptome te erg is, en selfs na ‘n rehabilitasie sentrum toe gaan om behandeling te kry. Daar is ondersteuningsgroepe wat jy kan besoek, waar mense in dieselfde situasie is as jy, waar jy kan praat oor jou probleme.