Meriete/gevare verbonde aan die gebruik van die stimulante wat vir ADHD gebruik word as kognitiewe prestasie bevorderaars:
Die leerders en studente misbruik eintlik die stimulante, want hulle is nie gediagnoseer met ADHD nie, en dus gebruik hulle dit vir ander redes as waarvoor hierdie medikasie voorgeskryf word. 'n Groot aantal leerders en studente misbruik hierdie middels en dit is gevaarlik, want dis nog onduidelik wat die langtermyn gevolge is in terme van die misbruik van hierdie middels. Toleransie kan ook maklik ontwikkel na 'n sekere tyd, omdat die student of leerder later (veral met langtermyn gebruik) meer van die middel gaan nodig hê om dieselfde effek teweeg te bring as die oorspronklike dosis sodat dit hul kan aanhou help om kognitief te presteer. Afhanklikheid kan ook voorkom met die gebruik van hierdie middels. Die misbruik potensiaal is 'n ernstige veiligheidsprobleem, maar dit kan vermy word deur stimulante te gebruik met 'n lae misbruik potensiaal. Wanneer meer as een kognitiewe prestasie bevorderaar gebruik word kan dit lei tot fisiese en ontwikkelingskade, omdat hierdie middels op onbekende maniere met mekaar kan reageer. Hierdie middels moet verkieslik nie elke dag gebruik word vir kognitiewe bevordering nie, want dit hou amper geen voordele in nie en kan lei tot moontlike skade. Dit is wel moontlik dat selfs kort termyn gebruik van hierdie middels kan oor 'n lang tydperk, ook 'n impak kan hê. Daar moet ook gekyk word na die balans tussen die voordele en risiko met die gebruik van hierdie middels, want baie keer gaan die middels meer skade doen as wat dit goed doen.
Bronne:
Kaminer, Y. & Bagot, K.S. 2015. Efficacy of stimulants for cognitive enhancement in non-attention deficit hyperactivity disorder youth: a systematic review. Efficacy of stimulants for cognitive enhancement in non-attention deficit hyperactivity disorder youth: a systematic review (nih.gov) Date of access: 10/06/2021
Kelleher, K.J. & Singh, I. 2010. Neuroenhancement in Young People: Proposal for Research, Policy, and Clinical Management.Full article: Neuroenhancement in Young People: Proposal for Research, Policy, and Clinical Management (tandfonline.com) Date of access: 10/06/2021