DANICA BAKKER

Default profile image
----------

LE 1 Leerteoriee. Danica Bakker 25962574

3 Sep 2021, 09:14 Publicly Viewable

Goeie dag almal. Hoop almal het 'n sonskyn dag.laugh

Wat ek verstaan met Vygotsky se zone van proksimale ontwikkeling is dat daar baie gebiede vir ontwikkeling is. Die gebied wat die naaste en in onmiddelike kontak met kinders is, het die grootste invloed op die kind se ontwikkeling. Hierdie ontwikkeling is onder andere die sielkundige ontwikkeling, emosionele ontwikkeling en sielkundige ontwikkeling.

 

Opsomming van die belangrikste aspekte van die volgende leerteorieë in die grondslagfase:

Erikson het gefokus op die sosiale ontwikkeling van 'n kind. Daar is agt fases wat gepaard gaan met hierdie teorie. Wanneer elke fase suksesvol voltooi word lei dit tot 'n positiewe en gesonde persoonlikheid en ontwikel 'n kind se persoonlikheid volgens sekere waardes. Die fase wat by 'n kind van 5 tot 12 jaar gaan is indunstrie vs minderwaardigheid. Op hierdie vlak het 'n kind se portuurgroep 'n groot invloed op die kind se selfbeeld. Die kind wil aanvaar word deur sy mede maats en ook geprys word vir prestasies wat hy/ sy behaal het.

 

Jean Piaget: Die pre-opporationele en konkreet-opporationele fase is waar grondslagfase leerders hulself bevind. By die pre-opporationele fase , leer leerders hoe om hulself uit te druk in die vorm van woorde. Hulle ervaar ook hoe die wêreld om hulle lyk. Hulle weet dat woorde dinge verteenwoordig of voorstel. In hierdie fase is dit nog nie vir leerders moontlik om logiese probleme op te los nie. In die konkreet-opporationele fase kan leerders logies oor konkrete probleme dink en die probleem op los. Hulle leer ook dat eienskappe van woorwerpe kan verskil maar bly een spesefieke voorwerp. Hier kan kinders ook aanvoel hoe mense oor sekere situasies voel.

 

Vygotsky: Hy fokus op die kultuur wat kognitiewe ontwikkeling kan beïnvloed. Hy fokus ook op die spesefieke taal van die kind wat bydra tot kognitiewe ontwikkeling. Volwassenes speel 'n baie belangrike rol in die oordrag van die kutuur en die taal.