ANANDI VAN RENSBURG

Default profile image
ANANDI VAN RENSBURG

Blog #2.1

26 Sep 2021, 17:34 Publicly Viewable

Patologie van migraine:

'n Migraine is 'n baie erge hoofpyn wat somtyds gepaard gaan met naarheid, braking en sensitiwiteit teen lig en klank. Die oorsaak is nie altyd duidelik nie, maar hormonale veranderinge, sekere eet- of drinkgied, stres en oefening kan daartoe bydra. Dit kan tot paar dae aanhou. 

Middels waarmee migraine behandel kan word, sluit in:

Beta- antagoniste:

Propanolol, Nadolol, Timolol, Amitriptyline- Verminder die gereeldheid en die intensiteit wat migraines voorkom. Die meganisme van hoe dit help met migraines is nie bekend nie. Dit help nie vir pasiënte met akute migraine nie, maar is wel net profilakse van migraine.

Ergotalkaloïede:

Die middels is spesifiek vir migraines. Die vasokonstriksie wat deur Ergotamien geïnduseer word, is langwerkend wanneer dit herhalend geneem word. Nasale dihidroergotamien kan ook effektief wees, vir die behandeling by migraines. 

Serotonien:

Sumatriptaan, Naratriptaan- Dis gedeeltelike 5-HT 1D/B agoniste. Dit verhoog die intrakraniale vasokonstriksie, om die vasodilatasie teen te werk. Die vasodilatasie veroorsaak die pyn in 'n migraine. Dit sluit medikasie bv. Imigran in.