Rinitis(inflammasie van neusslymvliese) en rinoree(loopneus) is hoofsaaklik as gevolg van allergieë, verkoue, chemiese of geneesmiddelskade, koue lug of fisiese skade.
a1-agoniste (dekongestante)
Fenielefrien, efedrien, fenielpropanolamien, nafasolien, oksimetasolien, xilometasolien
Antihistamien
Difenhidramien, prometasien, chlorfeniramien, broomfeniramien, loratadien, setirisien, levokabastien, rupatadien
Kortikosteroïede
Betametasoon, prednisoon, beklometasoon, budesonied, siklesonied, mometasoon
Mastselstabiliseerders
Natriumchromoglikaat, ketotifen
Mukolitika
Mesna, asetielsisteien
Antibiotika
Mupirosien, neomisien
Diverse ander middels
Stoom, normale soutoplossing, vlugtige olies soos mentol, bloekom-olie
Efedrien, pseudoefedrien en propielheksidrien is nie-selektiewe adrenergiese agoniste (a en b) met addisioneel potente indirekte werking. Die a-adrenergiese reseptorstimulasie (direk- of indirekwerkend) van hierdie middels gee aanleiding tot dekongestie van die neusslymvlies. Die middels met gemengde werking gee topikaal wel ook aanleiding tot direkte werking, maar indien hulle oraal toegedien word, bereik hulle laer konsentrasies in die biofase sodat hul werking hoofsaaklik indirek is. Fenielefrien is hoofsaaklik direkwerkend.
Verder kan hul verdeel word in kortwerkend, intermediêrwerkend en langwerkend. Die kortwerkende middels(4-6ure) sluit in: efedrien, fenielefrien, propielheksidrien, nafasolien en tetrahidrosolien. Die intermediêrwerkende middels(8-10ure) sluit in: silometasolien en die langwerkende middels(12ure) sluit in: oksimetasolien
Dekongestante word gewoonlik topikaal toegedien as neussproeie, jellies en druppels, omdat dit minder newe-effekte as die sistemiese/orale-toedienings gee.
Dit is ‘n toestand wat ontstaan na chroniese behandeling met dekongestante, waar die permanente vasokonstriksie met gebrekkige lokale bloedvoorsiening aanleiding gee tot skade van die neusslymvliese met permanente inflammasie en swelling en afregulering van a-adrenergiese reseptore op bloedvate met die gevolg dat dit onresponsief raak teenoor die a-agoniste. Dit kan behandel word met tydelike lokale kortikoïedterapie bv beklometasoon neussproeie.
Die antihistamiene word selde gebruik as gevolg van slymindikking wat veral by die 1ste generasie histamien antagoniste voorkom. Die eerste generasie antihistamiene is multipotente kompeterende antagoniste en blokkeer muskariene reseptore ook. Antimuskariene middels verminder die sekresies van die hoër en laer lugweë en word dus dikwels in verkoue preperate ingesluit om rinoree te behandel. Dit gee egter sedasie en verlaag konsentrasievermoë.
Die tweede generasie antihistamiene blokkeer nie muskariene reseptore nie en is effektief by lang- en kortermynbehandeling van allergiese rhinitis. Histamien speel geen rol by verkouerinitis nie, bradykinin is die chemiese mediator en daarom help die middels nie om verkouerinitis op te klaar nie.
Kortikosteroïed-neussproeie word sistemies swak geabsorbeer, maar kan soms met groot doserings sistemiese newe-effekte veroorsaak. Persone met 'n infeksie of verlaagde weerstand moet dit versigtig gebruik. Tydelike gebruik van lokale kortikoïede kan gebruik word om privinisme te behandel. Dit kan ook gebruik word vir die behandeling van neuspoliepe, allergiese rhinitis en inflammatoriese rhinitis.
Die gebruik van natriumchromoglikaat (anti-allergiese middel) as 'n neussproei is baie effektief by die profilaktiese behandeling van allergiese rinitis, maar dit behels egter gereelde dosering.
Topikale mesna (neursproei) is veral sinvol om te gebruik wanneer die nasale sekrete taai is, omdat dit ‘n mukolitikum is. Die mesna help dan om die slym meer vloeibaar te maak.
Normale soutoplossing (salien) is as neusdruppel baie veilig en effektief. Dit bevogtig die droë, geïnflammeerde neusslymvliese soos tydens verkoue, droë weer, allergieë (hooikoors), neusbloeding, oorgebruik van dekongestante en ander irritasies.