Sistiese fibrose is ‘n genetiese metabolise siekte wat lei tot verlaagde sekresies in verskeie organe. Dornase-alfa (rhDNase I) hidroliseer ekstrasellulêre DNS vanaf die neutrofiele in die brongiale mukus om sodoende die vloeibaarheid daarvan te verbeter. Dit is verwant aan die natuurlike ensiem deoksieribonuklease I (Dnase I) wat normaalweg deur pankreas- en speekselkliere geproduseer word.
Neonatale respiratoriese noodsindroom staan ook as hialienmembraansiekte bekend. Die oppervlakaktiewe stof wat die respiratoriese eenheid van die lugweë bedek word eers in die laaste weke van swangerskap gevorm. Wanneer babas te vroeg gebore word, is hierdie oppervlakaktiewe stof nog nie gevorm nie en dus word gaswisseling belemmer en die longe kan plat val.
Die intensiewe monitering van respiratoriese en sirkulatoriese status is noodsaaklik. Suurstof (by kamertemperatuur met lug vermeng) word toegedien ten einde oksigenering te verseker. ’n Kontinue positiewe druk (soos met ’n ventilator verkry) verbeter respirasie en hou die alveoli oop om kollabering te verhoed. Die arteriële parsiële suurstofdruk moet voortdurend gemonitor word.
Voldoende suurstof is ’n basiese vereiste vir normale respirasie. Terapeuties word dit algemeen toegedien om hipoksie (vanweë verskeie oorsake) om te keer of te verhoed. Wanneer verhoogde suurstof in oormatige hoeveelhede en/of oor ’n te lang tydperk geïnhaleer word, het dit egter toksiese effekte. Paradoksaal veroorsaak suurstoftoksisiteit onder andere verminderde gaswisseling, hipoksie en, in uiterste gevalle, die dood. By neonate kan dit verder retinale skade en blindheid veroorsaak.
Eksogene surfaktante: beraktant en poraktant alpha, word profilakties gebruik. Dit kan ook tydens die akute respiratoriese noodsindroom aan die neonaat toegedien word om longsurfaktant aan te vul. Gevolglik word die mortaliteit en langtermyn-suurstofbehoefte verlaag.
'n Kort kursus kortikosteroïede is effektief om endogene surfaktantproduksie aan te help. Wanneer die baba lewensvatbaar is en daar ’n dreigende miskraam is, kan dit profilakties toegedien word. Sistemiese toediening van betametasoon aan 'n moeder net voor kraam, kan neonatale endogene surfaktantproduksie binne 24 ure induseer.
Om oksigenering te verseker en gevolglik hipoksie om te keer of te verhoed. Paradoksaal veroorsaak suurstoftoksisiteit onder andere verminderde gaswisseling, hipoksie en, in uiterste gevalle, die dood. By neonate kan dit verder retinale skade en blindheid veroorsaak.
Neonatale apnee ontstaan wanneer die asemhalingsentrum in die medulla van die premature baba nog nie voldoende ontwikkel het om voortdurende asemhaling te stimuleer nie. Die asemhalingsentrum is dus nog onsensitief vir die stimulerende effek van koolsuurgas. Metielxantiene bv kaffeïen, teofillien word gebruik om die asemhalingsentrum in die sentrale senuwee stelsel te stimileer.