DL RAATH

Default profile image
DL RAATH

Blog#3.4

29 Nov 2021, 21:53 Publicly Viewable

Blog#3.4

    1. Algemene oorsake is allergie, chemiese- of geneesmiddelskade, kouelug, verkoue en/of fisiese skade.
    2. Alfa 1 agoniste (dekongestante) - Efedrien, fenielefrien

Antihistamiene – Difenhidramien, prometasien

Kortikosteroïde – Betametasoon, prednisoon

Mastselstabiliseerders – Natriumchromoglikaat, ketofen

Mukolitika – Broomheksien, asetielsistein,

Antibiotika – Neomisien

Diverse – Stoom, soutoplossing, mentol

    1. Dekongestante se  meganisme van werking

α1 agoniste wat vasokonstriksie van die mukosale bloedvate veroorsaak, verlaag edeem van die nasale mukosa.

Die a-agoniste gee kan ook verdeel word in:

~ kortwerkende middels (4 - 6 ure), bv. efedrien, fenielefrien, nafasolien.

~ intermediêrwerkende middels (8 -10 ure), bv. silometasolien

~ langwerkende middels (12 ure), bv. Oksimetasolien.

~ dit word topikaal of oral toegedien – soos ʼn sproei

    1. Rhinitis medicamentosa (privinisme) kan met oordosering van dekongestante ontstaan. Daar is vasokonstriksie met swak lokale bloedvoorsiening wat kan aanleiding gee tot skade van die neusslymvliese met permanente inflammasie en swelling. Persone met privinisme behoort behandeling te staak en tydelik lokale kortikoïedterapie te ontvang.
    2. Die eerste generasie antihistaminika

Meganisme van werking: Multipotente kompeterende antagoniste en blokkeer muskariniese reseptore. Anticholinerge middels verminder die sekresies van die hoër en die laer lugweë, en kan dus by verkouepreparate ingesluit word om rinoree op te klaar.

Die tweede generasie antihistamiene

Meganisme vanm werking: Blokkeer nie muskariniese reseptore nie.

Voordele dit is bruikbaar is by lang- of korttermynbehandeling van allergiese rinitis. 

    1. - Die gebruik van Anti-allergiese middels is baie effektief by die profilaktiese behandeling van allergiese rhinitis en word toegedien in ‘n neussproei vorm.
  • Kortikosteroïde word gebruik teen allergiese rinitis en is in die vorm van ‘n neussproei.
  • Mesna word gebruik wanneer die sekrete in die neus taai is by rinoree en rhinitis. Mesna kom voor in ‘n topikale vorm (neursproei).
  • Normale soutoplossing is die eerste keuse vir mukus verdunning, stoom inhalasies is effektief.