SUNE HORN

Default profile image
----------

Blog #5

4 Mar 2021, 15:56 Publicly Viewable
  • Watter tipe kinetika ondergaan etanol in die liggaam?  Verduidelik ook wat die kliniese betekenis hiervan is.

Alkohol is klein wateroplosbare molekules wat vinnig uit die spysverteringskanaal geabsorbeer word en dit is lipofilies wat beteken dat dit vinnig versprei. Vrouens het ‘n hoer piek konsentrasie as mans, want vrouens se totale hoeveelheid water in die liggaam is minder as mans sin. 90% van die metabolisme van alkohol vind in die lewer plaas. Volwassenes metaboliseer alkohol teen 7-10g per uur. Wanneer ‘n persoon se bloed alkohol vlak hoer is as 500mg/dL kan dit lei tot die dood.

  • Gee ‘n kort opsomming van die metaboliese weë van etanolmetabolisme.

Daar is 2 ensiem sisteme waaruit metabolisme bestaan: Alkoholdehidrogenase en MEOS (gemengde funksie oksidases)

Alkoholdihidrogenase is ‘n ensiem wat alkohol omskakel na asetaldehied. Gedurende hierdie omskakeling word waterstof ione oorgedra na die ko-ensiem NAD om NADH te vorm. As gevolg hiervan genereer alkohol oksidasie ‘n oormaat verminderde ekwivalente in die lewer, hoofsaaklik as NADH. The oormatige NADH produksie dra by tot metaboliese afwykings wat gepaard gaan met kroniese alkoholisme. Alkoholdehidrogenase metaboliseer alhokol vlakke wat by laer hoeveelhede is. Alhokol word gemetaboliseer deur zero-orde kinetika, wat beteken dat daar altyd ‘n vaste hoeveelheid per tydseenheid gemetabliseer word.

MEOS metaboliseer alkohol wat by hoer vlakke is, >100mg/dL. Hierdie ensiem sisteem gebruik NADPH as ko-faktor in die metabolisme van etanol.  MEOS neem toe met chroniese gebruik van alkohol. As ‘n resultaat van die chroniese gebruik van alkohol neem nie net etanol se metabolsime toe nie, maar ook die opruiming van ander geneesmiddels wat deur sitochroom P450 gemetaboliseer word. Die eindproduk van MEOS is asetaldehied

  • Watter geneesmiddels kan hierdie metabolisme beïnvloed en wat is die effekte daarvan?
  • Disulfiram
  • Metronidasool
  • Kefalosporiene
  • Hipoglisemie geneesmiddels

As die bogenoemde geneesmiddels gelyktydig geneem word met alkohol, word die aldehieddehidrogenase ensiem aktiwiteit gerem. As die ensiem aktiwiteit gerem word vind daar ‘n opeenhoping van asetaldehied plaas in die liggaam. ‘n Opeenhoping van asetaldehied kan lei tot simptome soos naarheid, braking en hoofpyn.

Katzung, B.G., 2018. Basic & Clinical Pharmacology. 14th ed. United States of America: McGraw-Hill Education.