Daar is ‘n toename in die metaboliese tempo en daar is ook ‘n toename in lewerensieme. Daar kan kruistoleransie plaasvind met ander sedatief-hipnotika soos bensodiasepiene. Daar ontstaan ook psigiese en fisiese afhanklikheid. Perifere neupatie kan ook voor kom.
Daar vind progressiewe afname in lewerfunksie plaas. Dit kan dan lei tot hepatitis en sirrose. Die afname in lewerfunksie is erger in vrouens as in mans. Daar vind ook ‘n afname plaas in glukoneogenase wat kan lei tot hipoglukemie en vetakkumulasie. Daar is ‘n toename in die aktiwiteit van lewermikrosomale ensieme, as gevolg van chroniese alkohol gebruik.
Dit is chroniese geheue verlies wat ontstaan as gevolg van tiamien tekort. Dit is ‘n sindroom van neurologies skade wat gepaard gaan met ataksie, verwarring en paralise van die gesigspiere. Dit word behandel deur parenterale tiamien te gee om permanente breinskade te probeer voorkom.
Dit is wanneer ‘n vrou alkohol misbruik tydens swangerskap en dit dan teratogeniese effekte tot gevolg het. Die effekte wat gesien kan word met fetale alkoholsindroom is verstandelike vertraging, groei gebrekke en mikrokefalie. Wanneer alkohol misbruik word gedurende die eerste trimester is daar ook onderontwikkeling van die middelste gesigsarea.