Blog #3
Lipofiliteit beïnvloed die absorpsie en verspreiding en die tempo van absorpsie word daar deur bepaal. Die bogenoemde is belangrik want dit bepaal watter middel gebruik gaan word, ‘n kort- of langwerkende middel.
Hoe meer lipofiel ‘n middel is, hoe vinniger gaan dit deur die sentrale senuwees stelsel versprei en geabsorber word. ‘n Minder lipofiel middel gaan stadiger versprei en geabsorbeer word.
Herdistrubusie van ‘n geneesmiddel is wanneer die geneesmiddel versprei word na die brein ens. en dan direk na ander weefsels versprei in die liggaam.
Dit is van belang want dit verseker dat die middel se duur van werking verleng word.
Stap 1 – Dealkilering - Aktiewe metaboliete word gevorm
Stap 2 – Oksidasie – Sitochroom P450 laat lewer oksideer en aktiewe metaboliete word gevorm.
Stap 3 – Konjugasie - (Fase 2) van geoksideerde metaboliet met glukronsuur wat onaktiewe metaboliet vorm en dan as uriene uitgeskei kan word.
Diasepam, Chloorasepaat, Prasepam, Chloordiasepoksied, Ketasolam.
Aktiewe metaboliete verseker verlengde werkingsduur.
Oksasepam, Lorazepam, Termasepam, Lormetazepam.
Dit sal die perfekte middel wees om vir pasiënte te gee wat lae P450 aktiwiteit het. Dus tree dit op as keusemiddels wat moet gebruik word in die toestande.
Ensieminduksie is wanneer ‘n middel die produksie van sekere ensieme verhoog en sodoende die tempo van metabolisme verhoog.
Middels wat voorbeelde is, is Barbiturate soos Fenobarbital.
Die kliniese belang van hierdie middels is dat die tempo van metabolisme verhoog word en sodoende verleng die werkingsduur van die middel.