Die lipofiliteit van die middels beÏnvloed die absorpsie en verspreiding van die middels. Middels wat hoogs lipofilies is versprei vinniger en het 'n vinnige aanvangs werking en beweeg oor die bloed brein skans.
Herdistribusie is die vermoë van die liggaam om geneesmiddels te versprei na die weefsel toe. Lipofiliese geneesmiddels word vinniger na die weefsels versprei en het 'n vinnige aanvangswerking.
Bensodiasepiene word stapsgewys gebiotransformeer deur lewermikrosomale ensieme:
1. Dealkilering - aktiewe metaboliet en steeds SSS effekte
3. Konjugasie - fase 2 van geoksideerde metaboliet met glukuronsuur om onaktiewe metaboliet te vorm.
Diasepam, Chloorasepaat, Prasepam, Chloordiasepoksied, Ketasolam. DIe aktiewe metaboliet wat die middels vorm verleng die middels se werkingsduur en dit kan ophoop omdat dit aktief bly.
Oksasepam, Lorasepam, Temasepam, Lormetasepam. die middels kan gebruik word in persone waar die sitochroom p450 aktiwiteit laag is en dat metabolisme van die geneesmiddels steeds kan plaasvind. Die middels kan ook vir bejaardes, neonate en vir pasiënte gegee word wat sitochroom P450 ensiemremmers gebruik.
Verhoog ensieme se aktiwiteit. Buspiroon, Karbamasepien, rifampisien. Verlaag die geneesmiddelvlakke.