ELSUNE HOUGH

Default profile image
----------

Blog #2

9 Mar 2021, 15:34 Publicly Viewable

BLOG #2

  • Anterograde amnesie beteken dat die persoon nie kan herroep of onthou wat gebeur het tydens die gebruik van die middel nie, dit sluit middels in soos Diasepam, Lorasepam en Midasolam.
  • Bensodiasepiene verminder die tyd om aan die slaap te raak en verhoog die totale slaaptyd(in pasiente wat gewoonlik minder as 6ure ‘n nag slaap).Dit verhoog die duur van fase 2 NREM.Bensodiasepiene het ‘n klein verminderde effek op REM slaap, groot dosisse verminder REM slaap en verlaag dus die duur van fase 4 NREM en verleng fase 2 NREM se duur.Zolpidem verminder REM slaap.

Die belang van sedatief-hipnotiese middels vir pasiente is dat toleransie van die effekte op slaappatrone sal voorkom en die pasient sal newe effekte begin ervaar omdat REM slaap nie meer onderdruk word nie.

  • Bensodiasepiene en Barbiturate word gebruik as aanvullende  terapie in anestesie, bensodiasepiene veroorsaak anterograde amnesia end ra by tot die sedasie effek . Die plaffoneffek van bensodiasepiene is ook ‘n groot rede vir die gebruik hiervan.

Middels is onder andere Lorasepam, Midasolam, Diasepam en Tiopentoon

  • Hoe dosisse Barbiturate en sekere bensodiasepiene. DIt sluit in Fenobarbitoon,Klonasepam, Klobasam, Nitrasepam
  • Diasepam en meprobamaat inhibeer polisinaptiese reflekse, en lewer dus spierverslappende effekte.
  • Sedatief-Hipnotika  het ‘n onderdrukkende effek op die respiratoriese en kardiovaskulere stelsels.Daar moet met versigtigheid te werk gaan wanneer pasiente  ondeliggende respiratoriese of kardiovaskulere siektes het en Sedatief-hipnotiese middels word aan hulle gegee.