BLOG #3
Die lipofiliteit van die middel beinvloed die absorpsie en verspreiding , meer lipofiele middels bereik die brein vinniger en word vinniger geabsorbeer en versprei.
Die tyd wat dit neem vir die middel om te werk is afhangend van die tempo van absorpsie en verspreiding, end us is dit klinies van belang.
Herdistribusie is die beweging van middels vanuit die bloedsirkulasie na die brein en vanuit die brein weer na ander weefsel.Middels met hoe lipofiliteit ondergaan herdistribusie.
Die belang van herdistribusie is dat agv die lipofiliteit vind herdistribusie plaas wat die tempo van werking beinvloed.Middels kan in die vetweefsel akkumuleer en depo’s vorm wat weer stadig vrygestel word en so word die eliminasie tydperk van middels beinvloed.
Bensodiasepiene word stapsgewys gebiotransformeer deur lewermikrosomale ensieme onder normale omstandighede:
Diasepam
Chloorasepaat
Prasepam
Chloordiasepoksied
Ketasolam
Oksasepam
Lorasepam
Temasepam
Lormetasepam
Die voordele hiervan is dat dit keusemiddels is en die aktiwiteit van Sitichroom P450 vertraag is end us vind metabolisme vinniger en meer effektief plaas , die geneesmiddel word ook dan so vinniger ge-elimineer.
Ensieminduksie is ‘n middel ‘n ensiem se produksie indusseer.
Sedatief-hipnotiese middels bekend vir ensieminduksie is : Barbiturate soos Fenobarbital
Ensieminduksie se kliniese belang is dat die metabolisme en eliminasie tempo van die gm verhoog.Die werking van die middel (farmakologiese aktiwiteit) kan afneem.