ELSUNE HOUGH

Default profile image
----------

Blog #6

9 Mar 2021, 18:16 Publicly Viewable

BLOG #6

  • Watter moontlike meganismes is ter sprake by die ontstaan van toleransie teenoor chroniese alkoholinname?

Die mikrosomale etanol oksidasie sisteem se aktiwiteit verhoog  met die chroniese gebruik van alcohol en kan moontlik bydra tot alcohol toleransie deurdat ensieme geinduseer word en meer alcohol per tydseenheid metaboliseer. Chroniese alcohol gebruik benodig groter hoeveelheide om teen die toleransie te werk en dieselfde effekte te kry.Reseptor sub-sensitiwiteit vind plaas en afregulering by GABA-A reseptore, so word  toleransie opgebou.

  • Watter toksiese effekte het chroniese alkoholgebruik op die lewer en lewermetabolisme?

Progressiewe verlaagde lewerfunksie tesame met sirrose en hepatitis

Glukoneogenase verlaging wat lei tot hipoglukemie en vetakkumulasie.

Verhoogde aktiwiteit in lewermikrosomale ensieme.

  • Wat is Wernicke-Korsakoff-sindroom en hoe word dit behandel?

‘n Kombinasie van twee syndrome wat voorkom wanneer daar ‘n gebrek aan Tiamien in die liggaam is, dit is ‘n neurologiese gebrek wat gekenmerk word deur ataksie,abnomale oe, verwarring en paralise van gesigspiere.

Dit word behandel deur die toediening van tiamien

  • Wat is die fetale alkoholsindroom?  Verduidelik volledig.

“’n Sindroom wat voorkom by kinders wat tydens swangerskap , in die eerste trimester, aan alkohol en die misbruik daarvan blootgestel is.

Simptome van fetale alkoholsindroom dui op groeigebreke , verstandelike agterstand, mikrokefalie en die onderontwikkeling van die onderste gesigarea.

  • Hoe verskil die farmakokinetiese interaksies van akute en chroniese alkoholgebruik?

Akute alkoholgebruik het verlaagde metabolisme van middels waar Chroniese akoholgebruik die metaboliese transformasie van middels verhoog.

  • Noem 4 geneesmiddelinteraksies met alkohol waar die farmakologiese effekte van die ander middels deur alkohol gepotensieer word. 

Aspirien toon verhoging in anti-plaatjiekleefbaarheid in die teenwoordigheid van alkohol.

Parasetamol veroorsaak die induksie van CYP2E wat bydra tot hepatotoksisiteit

Vasodilatore veroorsaak verder bloeddruk verlaging tydens akoholgebruik

Sedatief-Hipnotika sal veroorsaak dat die sentrale senuweestelsel verder onderdruk word.