Watter moontlike meganismes is ter sprake by die ontstaan van toleransie teenoor chroniese alkoholinname?
MEOS aktiwiteit verhoog a.g.v. chroniese alkoholinname.
Watter toksiese effekte het chroniese alkoholgebruik op die lewer en lewermetabolisme?
Chroniese alkohol gebruik veroorsaak progressiewe afname in lewerfunksie. Dit veroorsaak ook lewersiektes soos hepatitis en sirrose. Die effekte op die lewer is oor die algemeen erger by vrouens as by mans. ‘n Toename in lewermikrosomale aktiwiteit word veroorsaak en daar word ook ‘n afname in glukoneogenese opgemerk. Die opmerking word verger deur hipoglukemie, vetakkumulasie en nutriëntgebreke.
Wat is Wernicke-Korsakoff-sindroom en hoe word dit behandel?
Wernicke-Korsakoff-sindroom in ‘n geheueversteuring wat geassosieer word met alkoholisme en wat veroorsaak word deur ‘n tekort aan vitamien B1.
Tiamien word gebruik om die sindroom te behandel.
Wat is die fetale alkoholsindroom? Verduidelik volledig.
Wanneer ‘n swanger vrou alkohol misbruik tydens haar swangerskap, kan die baba verskillende ontwikkelingsafwykings en kognitiewe tekortkominge hê a.g.v. ontwikkelende neurone wat beskadig word.
Hoe verskil die farmakokinetiese interaksies van akute en chroniese alkoholgebruik?
Akute alkohol misbruik veroorsaak ‘n verlaging in die metabolisme van middels bv. fenotiasiene, TAD’e en sedatief-hipnotika.
Chroniese alkohol misbruik lei tot verhoogde metabolisme van ander geneesmiddels, omdat Cyt P450 geinduseer word.
Noem 4 geneesmiddelinteraksies met alkohol waar die farmakologiese effekte van die ander middels deur alkohol gepotensieer word.