Stel vir jouself ‘n tabel op waarin jy die belangrikste effekte op elke stelsel (KVS, SSS, respirasie, niere, lewer en uterus) lys, maar ook die uitsonderings aandui.
Stelsel |
Halotaan | Enfluraan | Isofluraan | Desfluraan | Sevofluraan | N2O gas |
KVS |
BD, miokardium is gesensitiseerd vir die aritmogene effekte van katesjolamiene | Geen sensitisasie van die miokardium, minder ↓ as halotaan | Minder ↓ as halotaan en enfluraan. Geen sensitisasie van die miokardium nie | Minder ↓ as halotaan en enfluraan | Vinniger induksie en herstel as Isofluraan. Verhoog serebrale bloedvloei sowel as interkraniale druk | Geen effek |
SSS |
Vinnige gladde induksie, stadium II afwesig ↑ serebrale bloedvloei en ↑ intrakraniale druk |
Vinnige gladde induksie, soms konvulsies, NIE epileptici | Vinniger induksie en herstel as met halotaan | Nog vinniger induksie en herstel as met isofluraan, ↑ serebrale bloedvloei en intrakraniale druk | Minder onderdrukkend as Halotaan en Enfluraan | Swak anestetikum, potente analgetikum, amnesie |
Respiratories |
Geen saliva, brongiale sekresies of hoes | Meer↓ as Halotaan | Potente ↓ effek. Versterk agv potente skeletspierverslappende effek | Sterk reuk, irriterend op lugweg, indien as induksiemiddel → hoes, kortasem en laringospasma | Minder irriterend in lugwee | Suiwer N2O → hipoksie, meng altyd met O2 of lug. Herstelfase: N2O vinnige diffusie van bloed na alveoli, ↓ O2 druk, → hipoksie |
Niere |
Verlaag glomerulere filtrasie, sowel as urien vloei. | Verlaag glomerulere filtrasie, sowel as urien vloei. | Verlaag glomerulere filtrasie, sowel as urien vloei. | Verlaag glomerulere filtrasie, sowel as urien vloei. | Verlaag glomerulere filtrasie, sowel as urien vloei. | Verlaag glomerulere filtrasie, sowel as urien vloei. |
Lewer |
Hepatotoksies (raar, onvoorspelbaar) | |||||
Uterus |
↓ spierkontraksies, → eksterne draaiing van baba |
Noem die belangrikste toksiese effekte van die inhalasiemiddels.