Die tipe kinetika wat etanol in die liggaam ondergaan
Alkahol is lipofiel en daarom absorbeer en versprei dit vinnig. Dit neem 'n gemiddelde persoon in vastende toestand 'n halfuur na 45 minute om piekvlakke te bereik, waar dit die senuweestelsel onderdruk. Omdat mans se liggame oor hoer watermassa beskik, sal piekkonsentrasies stadiger bereik word by mans as by vrouens. 90% van die metabolisme van alkahol vind plaas in die lewer, die res deur die vel, longe en niere en die gemiddelde volwassene met gesonde metaboliese funksies en geen ensematiese toleransie sal etanol metaboliseer teen 7-10g/h.
Metaboliese weg van alkahol metabolisme
Die eerste ensiemsisteem gebruik alkoholdehidrogenase vir lae tot matige hoeveelhede alkohol. Dit maak staat op 'n beperkte ko-ensiem, NAD, en volg zero orde kinetika en het die vermoe om 7-10g/h af te breek.
Die tweede ensiemsisteem gebruik die mikrosomale etanol oksidase sisteem, die gemengde funksie oksidase ensiem en breek hoer konsentrasies van meer as 1g/L af. MEOS verhoog met kroniese gebruik en kan geinduseer word en is deels verantwoordelik vir toleransie. Disulfiram, metronidasool, kefalosporiene en party hipoglisemiese middels inhibeer die aktiwiteit of kompeteer vir die ensiem, aldehied dehidrogenase, wat lei tot naarheid, hoofpyn, palpitasies en duiseligheid.