BERNICE KIRSTEN

Default profile image
----------

Blog #9

19 Mar 2021, 16:00 Publicly Viewable

Hoe vergelyk die sensitiwiteit vir blokkade deur ‘n LA van die volgende tipes vesels met mekaar?

Gemiëlineerde vesels met ongemiëlineerde vesels.

  • Kleiner en gemiëlineerde vesels word makliker geblokkeer as groter en ongemiëlineerde vesels

Druk / tassenuwees met die dorsale senuwees wat pynimpulse gelei.

  • Die dorsale senuwee (wat impulse gelei), is meer sensitief vir blokkasie, dus word dit makliker geblok as druk/tas senuwees

Maak ‘n lys met die effekte van LA op ander weefsels.

  • Hart: Klas 1 anti-aritmiese middels, blok Natrium kanale
  • Skeletspier: swak blokkerende effek, geen kliniese toepassing
  • Psige: verbeter gemoedstoestand, beïnvloed sentrale katesjolamien gemedieerde neurotransmissie (inhibeer NA heropname

Waarop berus die keuse van ‘n LA?

  • Die aantal tyd waarvoor dit gebruik word
  • Die kliniese gebruik van die anestetikum 
  • Die werkingsduur

Waarom word oplossings van LA soms met CO2 versadig?

  • Die aanvang van werking sal versnel word

Watter van die LA word tipies vir oppervlakanestesie gebruik?

  • Bensokaïen
  • Kokaïen
  • Oksibuprokaïen