SUNE HORN

Default profile image
----------

Blog #11

27 Apr 2021, 16:12 Publicly Viewable
  • Noem ‘n voorbeeld van elk van die drie fenotiasien-subfamilies en sê hoe hulle van mekaar verskil in terme van potensie en newe effekte?
  • Alifatiese (bv. Chloorpromasien) en piperidienverbindings (bv. Perisiasien)

Lae potensie, erge sedasie, sterk anticholinerge effekte, kardiotoksies, sterk α-litiese effekte (posturale hipotensie)

  • Piperasienderivate, bv. Flufenasien

Hoë potensie, minder sedasie, swakker anticholinerge newe-effekte, minder kardiovaskulere newe-effekte, swakker α-litiese effekte

  • Watter reseptore word veral deur die tipiese antipsigotiese middels blokkeer?

Blokkeer mesolimbiese D2 reseptore

  • Hoe verskil die werkingsmeganisme van die atipiese middels van die van die tipiese middels?

Die atipiese middels blokkeer 5-HT2A reseptore meer as D2 reseptore, terwyl die tipiese middels mesolimbiese D2 reseptore blokkeer.

  • Watter van die reseptore wat blokkeer word deur die ouer middels verminder die risiko vir ekstrapiramidale newe effekte?

D2 reseptore

  • Watter van die ouer middels het ‘n hoë insidensie van ekstrapiramidale effekte? Wat is die rede?

Piperasienderivate, want dit het ‘n hoë potensie en dus ‘n hoër affiniteit vir D2 resptore.

  • A.g.v. watter reseptorblokkade het die alifatiese groep middels ‘n hoë insidensie van outonome newe effekte?

Muskariene reseptore.