Die litium ion beinvloed cAMP, IP3 en DAG 2de boodskapper sisteme deur die verlaging van verskeie ensieme wat belangrik is in die hersirkulasie van membraanfosfoinositiede. IP3 en DAG is belangrik in monoamine & cholinergiese neurotransmissie.
Klein terapeutiese indeks. Nou grense (0.5-1.5mM; >2mM = toksies). Kan vining toksisiteit veroorsaak as te veel medikasie geneem word.
Litium het vinnige, volledige absorpsie en ondergaan geen metabolisme nie (dus veilig vir ‘n pasient met bv lewerprobleme). Word volledig deur die niere uitgeskei. Li het ‘n plasmahalfleeftyd van 20 ure en een dosering op ‘n dag is genoeg.
Enkelmiddel vir major depressie en in kombinasie met klonasepam en lorazepam vir bipolere steurnis.
diarree, lighoofdigheid, tremore, droe mond, verhoogde dors.
Litiumgebruik tydens swangerskap en borsvoeding is ‘n risiko omdat daar ‘n kans is dat die baba hart defekte kan ontwikkel.
Maniese depressie
Angs
Anti-selfmoord middel
Indocid is ‘n NSAIM (nie-steroide anti-inflammatoriese middel) en dit sal die litium vlakke van die geneesmiddel wat reeds gegee is (CAMCOLIT), verhoog en die pasient het dan ‘n risiko vir litiumtoksisiteit. My aanbeveling sal wees om ‘n ander anti-inflammatorise middel te gee ipv ‘n NSAIM om toksisiteit te vermy. ‘n Aanduiding dat litiumtoksisiteit reeds teenwoordig is in die pasient is haar klagte van massatoename en omdat sy “waterpille” (diuretika) daarvoor drink, sal litiumvlakke verder verhoog en haar massatoenmame nie behandel nie, maar vererger agv toksisiteit. Die moegheid, dors gevoel, naarheid en tremore is alles agv litiumtoksisiteit.
My aanbeveling is om alle huidige terapie te stop en vir eers ‘n ander geneesmiddel te oorweeg vir haar bipolere steurnis. ‘n Geneesmiddel soos valproaat sal aanbeveel word vir die behandeling van bipolere steurnis in ons pasient met huidige litiumtoksisiteit.