SUNE HORN

Default profile image
----------

Blog #13

28 Apr 2021, 16:38 Publicly Viewable
  • Bespreek die moontlike werkingsmeganismes van litium.

Beïnvloed cAMP, IP3 & DAG 2e boodskappersisteme, lg deur verlaging van verskeie ensieme belangrik in omskakeling en hersirkulasie van die membraanfosfoinositiede. IP3 & DAG is belangrik in monoamien en cholinerge neurotransmissie

  • Wat is litium se terapeutiese indeks en wat is die kliniese belang daarvan?

0.5 - 1.5mM

Dit is ‘n baie klein terapeutiese indeks en dus baie toksies, dus moet die plasmavlakke goed gekontroleer word.

  • Wanneer word litium as enkelmiddel gebruik en in watter gevalle en met watter tipe middels word litium gekombineer?

Valproaat en litium word gekombineer vir pasiente wat nie baie goed op een van die twee middels reageer nie, vir bipolere versteurings.

Litium word alleen gebruik vir profilakse by bipolere steurnisse.

  • Noem 3 klinies betekenisvolle interaksies wat litium met ander middels kan hê. Lig jou antwoord toe met gepaste geneesmiddelvoorbeelde.
  1. Dehidrasie, diuretika (tiasiede), NSAIM’s, ACE I’s en fluoksetien verhoog litium vlakke, lei tot toksisiteit
  2. Teensuur middels (bv. Na-bikarbonaat), teofillien en kaffeien verhoog die renale uitskeiding van litium en dit verlaag die effektiwiteit
  3. Neurotoksies kombinasie met kabamasepien, kalsium blokkers, losartan, metieldopa, metronidasool en fenitoien.
  • Noem die belangrikste newe-effekte van litium.

Tremore, sedasie, ataksie, afasie, spierswakheid, moegheid, polidipsie, poliurie, nokturie, nefrogene diabetes insipidus, tiroiedvergroting, leukositoses, edeem, massatoename, aknee, alopesie, seksuele disfunksie, konvulsies kan presipiteer word

  • Wat is die status van litiumgebruik tydens swangerskap en laktasie?

Renale opruiming van litium vermeerder tydens swangerskap en keer terug na laer vlakke direk nadat geboorte gegee is. ‘n Pasient wie se litium vlakke in ‘n goeie terapeutiese reeks is tydens swangerskap, kan toksiese vlakke ontwikkel na die geboorte.

Litium word oorgedra na babas tydens borsvoeding, waarin dit 'n konsentrasie van ongeveer een derde tot die helfte van die serum het. Litiumtoksisiteit by pasgeborenes word gesien deur lusteloosheid, sianose, swak suig en moro-reflekse, en miskien hepatomegalie.

  • Noem 3 ander belangrike indikasies vir litium.
  1. Akute major depressie
  2. Bipolere steurnisse
  3. Skisofrenie
  • Evalueer die volgende geval en motiveer jou aanbevelings volledig:

Die NSAIM’s en waterpille veroorsaak ‘n verhoging in die litium vlakke en dit kan lei tot toksisiteit. Een van die aanvanklike tekens van litium toksisiteit is gastrointestinale versteurings soos naarheid. Van die ander tekens van litium toksisiteit is gewigstoename, moegheid en polidipsie. Toe sy slegs litium geneem het, was haar plasma vlakke binne die terapeutiese reeks. Dus as sy ophou die waterpille en NSAIM’s gebruik, behoort die newe-effekte weg te gaan.