1. Watter twee hoofgroepe middels is belangrik by die behandeling van Parkinsonisme?
Middels wat dopamienergiese aktiwiteite verhoog en middels wat cholinergiese aktiwiteite verlaag.
2. Hoe werk amantadien as antiparkinsonistiese middel?
Indirekwerkende middel om DA aktiwiteit te verhoog
Metaffinoïede potensieerder van DA
3. Bespreek die werkingsmeganismes van die antiparkinsonistiese middels wat dopamienkonsentrasie op ‘n indirekte wyse verhoog.
Amantadien: Metaffinoiede potensieerder van dopamien wat die vrystelling en sintese van dopamien verhoog
Selektiewe MAO-B remmers: Inhibeer selektief MAO-B ensieme wat lei tot die inhibisie van dopamien metabolisme en verhoog die konsentrasie van dopamien in die SSS.
4. Watter van die dopamienagoniste is ergotderivate en watter nie?
Broomkriptien is ergotderivaat
Pramipeksool en ropinirool is nie ergotderivate nie.
5. Maak ‘n lys van die spesifieke dopamienreseptore wat deur elke agonis gestimuleer word.
Dopamien 2: Broomkriptien; Ropinirool
Dopamien 3: Pramipeksool
6. Watter van hierdie middels word as neuronbeskermende middels geklassifiseer? Wat beteken dit?
Pramipeksool is neurobeskermend, wat beteken dit kan die brein beskerm teen Parkinsonisme.
Asook MAO-B inhibeerders, beskerm teen die voorkoms van Parkinsons.
7. Wat is die belang van Monoamienoksidase B (MAO-B) selektiewe middels by die behandeling van Parkinsonisme?
MAO B voorkeur vir DA as substraat, dit is baie voordelig omdat ons DA vlakke in die striatum wil verhoog.
8. Hoe werk die COMT-remmers in Parkinsonisme?
COMT metaboliseer l-dopa na 3-O-metieldopa (3OMD), wat ‘n onaktiewe metaboliet is. Wanneer COMT gerem word, is daar meer L-dopa beskikbaar om oor die bloedbreinskans te beweeg en dan DA store aan te vul.
9. Hoe werk Istradefilien?
Nuwer middel wat nog nie in RSA geregistreer is nie.
Addisionele (add-on) terapie by l-Dopa/karbidopa wat af- episodes te verminder
Adenosien A2A antagonis, adenosien inhibeer D2 reseptorfunksie, wanneer Adenosien A2 gerem word, word D2 reseptofunksie nie meer geïnhibeer nie.
10. Bespreek die werkingsmeganisme van safinamied