Nicole Badenhorst
25124528
1. Bespreek die moontlike werkingsmeganismes van litium.
Die meganisme van werking van Litium word bemiddel deur Litium ione wat meervoudige neurotransmissie proses beïnvloed. Dit het ’n invloed op beide die adenielsiklase en fosfolipase C proteïen pare boodskapper sisteme. Beïnvloed cAMP, IP3 en DAG 2de boodskapper sisteme, laasgenoemde deur verlaging van verskeie ensieme wat belangrik is in die omskakeling en hersirkulasie van die membraan fosfoinositiede. IP3 en DAG is belangrik in monoamien en cholinergiese neurotransmissie.
2. Wat is litium se terapeutiese indeks en wat is die kliniese belang daarvan?
Litium het ’n klein terapeutiese indeks (0.5 - 1.5 mM; >2 mM = toksies) om die terapeutiese voordele in hierdie gebied te produseer. Hierdie impliseer dat die plasma monitering baie belangrik is want wanneer die waardes onder 0.5 mM is dan sal daar sub terapeutiese effekte voorkom en die farmakologiese behandeling is nie effektief nie. As die gebiede bo 2 mM bereik word dan sal toksiteit voorkom en lei na verskeie newe effekte wat gevaarlik is en potensieel skadelik kan wees.
3. Wanneer word litium as enkelmiddel gebruik en in watter gevalle en met watter tipe middels word litium gekombineer?
Litium is aangedui vir die monoterapie van die bipolêre steurnis asook die akute maniese episodes.
Litium word gekombineer met Valproaat wanneer die pasiënt nie reageer op Litium (monoterapie) nie.
4. Noem 3 klinies betekenisvolle interaksies wat litium met ander middels kan hê. Lig jou antwoord toe met gepaste geneesmiddel voorbeelde.
5. Noem die belangrikste newe-effekte van litium.
Akute toksiteit: Gastro intestinale versteurings insluitend naarheid, braking en diarree.
Neurologiese toksisiteit:
6. Wat is die status van litium gebruik tydens swangerskap en laktasie?
Tydens swangerskap verhoog die renale uitskeiding, en gaan na laer vlakke na geboorte, daarom kan die pasiënt toksiese vlakke ervaar. Tydens laktasie word litium oorgedra na die baba. Litium toksisiteit in babas veroorsaak letargie, sianose, swak suig en Moro reflekse. Litium is dus ’n kategorie D geneesmiddel en moet slegs in lewensbedreigende gevalle gebruik word.
7. Noem 3 ander belangrike indikasies vir litium.
8. Evalueer die volgende geval en motiveer jou aanbevelings volledig:
Me B. Polar (21 jaar, 60kg) is ‘n student en het die afgelope 2 maande die volgende medikasie gebruik: Camcolit 600mg bd. Plasmavlakke wat na twee weke geneem is, was 0.8mmol/L. Sy het ‘n spierbesering opgedoen en gebruik ook die afgelope 10 dae Indocid R® 75mg n. By verdere navraag meld sy dat sy “vreeslik gewig opgetel” het en nou sommer van haar ma se “waterpille” drink in die hoop dat sy van die ekstra kilo’s ontslae kan raak. Sy kla egter dat sy baie moeg is, sukkel om haar oë in die klas oop te hou, dors bly en voortdurend bewerig en naar voel.
Die Indocid (NSAID), diuretikum % wat sy begin gebruik het, verhoog haar litium plasma vlakke wat bydra tot die newe effekte wat ervaar word soos gewigstoename, moegheid, naarheid, bewerigheid en polidipsie en spierbesering. Veral omdat sy binne die eerste 2 weke alreeds 0.8mmol/l bereik het, kan die halfleeftyd lei na die akkumulasie wanneer daar met NSAIDS en diuretikums geadministreer word.
Die aanbeveeling wat ek sal maak is dat sy die NSAID sowel as die “waterpille” sal ophou gebruik. Haar plasma vlakke weekliks te ondersoek en monitor totdat sy ’n stabiele plasma vlak sal behou. Haar simptome moet ook gemoniteer word wanneer sy nie op enige gelyktydige behandeling is wat haar litium vlakke sal effekteer nie, om dus vas te maak of ’n laer dosis haar simptome sal verlaag.
Omdat sy steeds jonk is, en dalk wil kinders hê, kan daar voorgestel word dat sy na ’n alternatief van Lamotrogien behandeling sal skuif, omdat dit veilig is tydens swangerskap en litium word nie voorgestel tydens swangerskap en borsvoeding nie. Met haar gewigstoename wat haar pla, kan ’n gesonde dieet plan asook meer gereelde oefening (3 keer ’n week) voorgestel word en dan later addisionele terapie voorgestel word as nodig is.
Bronnelys
Bateman, H., Hillmore R., Jackson D., Lusznat S., McAdam K., & Regan C. 2004. Dictionary of Medical Terms. 4th ed. London.: A & C Black. p. 481.
Brand, L. 2021. FKLG 312: Leergedeelte 9.5 (PowerPoint Presentation). https://efundi.nwu.ac.za/access/lessonbuilder/item/6005022/group/dd46f2da-d3be-402e-9ba7-2c5955cedd9d/Afrikaanse%20skyfies/Afrikaanse%20skyfies%202021/LE%209.pdf Datum van toegang: 20 Mei 2021.
Katzung, B.G. ed. 2015. Basic & Clinical Pharmacology, 13th ed. New York: McGraw-Hill. p. 1203.