Blog #12
Daar is 8 klasse AD's wat gebruik word nl:
hulle almal behandel Major depressie en werk in op die blokkade van serortonien en of Noradrenalien of beide. Die meeste middels verhoog noradrenalien en serotonien konsentrasie by die Sentrale sinaps.
Meeste middels het 'n sadige aanvang van werking wat omtrent min of meer 14-21 dae vat om te werk. Dit kan langer ook neem om sy kliniese verskynsel te vertoon.
Mirtasepien is 'n tetrasikliese en unisikliese anti-depressant. Dit is 'n NA en spesifieke serotonien anti-depressant. Die middel blokkeer alpha 2 reseptore op die presinaps. Die blokkade van hierdie inhibitatoriese reseptor bevorder beide die NA(outoreseptor) en die 5-HT(heteroreseptor) vrystelling. 5-HT 2A en 5-HT 3 word ook geblokkeer. Die blokkade van H1 en alpha 1. Die indirekte stimulasie van 5-HT 1A.
Die stimulasie van die 5-HT1A het angsiolitiewe effekte tot gevolg.
Blokkade van 5-HT 3 het angsiolitiese effekte tot gevolg en dit verlaag naarheid.
blokkade van 5-HT2A het anti-depressiewe effekte tot gevolg.
Die middel is 'n NA en serotonien heropname remmer. Dit blokkeer beide die 5-HT en NA heropname, die middel is meer potent vir die 5-HT.
Venlafaksien het minder anti-cholinergiese effekte en is ook minder kardiotoksies.
Die middel is 'n sarkadiese ritmereguleerder. Dit herstel die liggaam se bioritmes. Dit is 'n primêre agonis op die MT1 en MT2 en 'n antagonis op die 5-HT2C.
Melatonien is 'n byproduk van serotonien. dit is verantwoordelik vir die regelering van die biologiese klok.(moegheid en verlaging van die liggaam se temperatuur. ) melatonien herstel hierdie ritmes, want tydens depressie word die sarkadiese ritmes versteur. Dus beïnvloed depressie melatonien afskeiding. Agomelatien: die agonis op die MT1 EN 2 is dit voordelig vir slaap maar nie vir die depressie nie. maw die slaaploosheid wat daardie persoon ervaar tydens depressie kan verbeter word deur die agonis op die MT1 EN 2.
die 5-HT 2C antogonis bevorder die antidepressiewe werking. die 5-HT2C vererger die slaapsteurnisse. So daarom as jy 'n 5-HT2C antagonis antagonis gee sal die slaap bevorder word.