LE 11.1
Pyn is ʼn onaangename sensoriese en emosionele ervaring wat gepaardgaan met
werklike of potensiele weefselskade = subjektiewe ervaring
Die persepsie van pyn word beinvloed deur die pasient se gemoedstoestand,
moraal/moed en die betekenis wat die pyn vir die pasient het. Akute pyn is vinnige pyn as gevolg van skade veroorsaak deur ʼn besering en duur gewoonlik ʼn kort tyd. Bv. ʼn operasie kan akute pyn veroorsaak. Die pyn hou op wanneer die wond
genees. Intussen sal pynstillers gewoonlik die pyn onder beheer hou. Kroniese pyn is stadige pyn wat veroorsaak word deur veranderinge aan die senuwees en duur voort
lank nadat die besering of behandeling verby is, kan wissel van matig tot erg.
Chroniese pyn kan moeilik wees om te behandel, maar pynstillers asook
ander pynbeheermetodes kan dit dikwels suksesvol beheer.
ADVIES VAN DIE APTEKER
• Neem die medikasie gereeld.
– Elke tipe medikasie het ʼn verskillende halfleeftyd in die liggaam en
moet teen die frekwensie geskik vir daardie geneesmiddel geneem
word
• Verduidelik die medikasie
– hoe dit werk, hoe lank dit in die liggaam bly, wat is die newe-effekte en
enige ander besonderhede.
• Verduidelik hoe belangrik dit is om ʼn opgedateerde rekord van die huidige
medikasie en dosis wat die pasient gebruik te hou
• Verduidelik die belang daarvan om genoeg medikasie by jou te he wat vir
ten minste een week sal hou
• Indien noodsaaklik, sal die pasient moontlik ʼn alarm moet aansit gedurende
die nag sodat ʼn dosis nie gemis word nie
– As die pasient in die oggend wakker word met beduidende pyn, kan
bg. help om pyn beheer te verbeter.
• Die medikasie moet gereeld hersien word deur die pasient se dokter
– Dit mag dalk nodig wees om dosisse te verhoog of te verlaag,
afhangende van wat besig is om te gebeur met die kanker en die
pasient
TEGNIEKE OM MEEWERKENDHEID TE VERBETER
• Monitor voorskrifherhalings se geskiedenis
• Assesseer oorblywende piltellings
• Vereenvoudig die behandelingsregime
• Maak gebruik van organiseerders vir pille
• Gebruik die vervaardiger se kalender stulpverpakkings
• Maak gebruik van ʼn dagboek om rekord te hou van die dosis wat geneem is
en newe-effekte
• Volg die pasient op dmv telefoonoproepe