RHODÉ MULDER

Default profile image
----------

Blog#13

2 Jun 2021, 10:59 Publicly Viewable

Pyn die onaangename subjektiewe sensoriese en emosionele ervaring geassosieer met werklike of potensiële weefselskade.

Daar word onderskei tussen akute/nociceptive en chroniese/neuropatiese pyn.  Akute pyn duur nie lank nie en gaan vining weg en chroniese pyn hou langer as 3 maande aan chroniese pyn gaan gepaard met neurale supersensitiwiteit wat beteken die persoon is meer sensitief vir enige pyn sensasie omdat daar heel waarskynlik skade is aan die persoon se neurale stukture. Enige stimulus van die pynreseptore, veroorsaak die gevoel van pyn.

Elke persoon se liggaam verskil en is so ook meer of minder sensitief tot die manier waarop pyn in hulle liggaam gemoduleer word. Dit is ook die rede waarom sommige mense pyn meer intens ervaar as ander. Die mate waarop ‘n persoon pyn ervaar hang ook dikwels af oor die persoon se persepsie va pyn en die behandeling daarvan. Vorige ervarings met pyn en emosionele en sosiale ondersteuning is ook belangrike faktor wat pyn beïnvloed.

Daar is verskillende tipes pyn medikasie vir verskillende tipes pyn. Dit is baie belangrik om die regte tipe medikasie te kry. Akute pyn word redelik maklik behandel maar chroniese pyn word moeiliker behandel en mag dalk hoer dosisse nodig omdat die persoon swak reageer op die medikasie.